skip to Main Content
“Julle was daar tydens my nood.” – Kusum

Dankie dat jy weduwees soos Kusum vertroos

Geen ouer behoort hul kind te begrawe nie. Tog het 27-jarige, Kusum* van Indië, so ʼn verlies ervaar toe haar vyf-jarige seun oorlede is aan sekelselanemie.

Net ʼn paar jaar vantevore het sy haar man verloor. Te midde van dit als, het haar familie en gemeenskap haar blameer vir die dood van haar man en seun, en gesê dat haar Christelike geloof die oorsaak van die tragedies was.

Haar skoonpa sou buite haar huis staan, met ʼn byl in sy hand, en dreig om haar op te kap in stukke. “Dit is jou skuld dat my seun dood is! Hy is dood weens jou en jou giftige geloof!” sou hy uitroep.

Vandag, mishandel haar skoonouers haar steeds met hul woorde, en die dorpenaars vervolg haar. Tog is Kusum vasberade om Jesus te bly volg. “Wanneer ook al hulle my vervolg, bid ek,” sê sy. “Gebed maak my sterk, en ek weet dat ander ook vir my bid.”

Jou gebede en ondersteuning het Kusum in staat gestel om te oorleef en sterk te staan in haar geloof, tesame met haar enigste ander oorlewende seun.

“Wanneer ek ook al in groot nood verkeer het, het God vir my voorsien deur julle ondersteuners. Ek is so dankbaar teenoor julle almal” sê sy. “Julle was daar toe ek dit die nodigste gehad het. Al die broers en susters wat vir my bid, vir my oudste seun en vir my dorp… Ek is so dankbaar vir julle gebede.”

Dankie dat jy by weduwees soos Kusum staan, wat verlaat is deur dié rondom hulle omdat hulle Jesus liefhet. Jy help hulle om te besef dat hul nie alleen is nie! Sien ook ons spesiale insetsel rakende hoe jy vir Indië kan bid.

*Naam verander vir sekuriteitsredes.

Back To Top
Soek