Skip to content

Dankie dat jy lewende water voorsien aan mense soos Simon Pierre!

Simon Pierre en sy kerk in Wes-Afrika, is gewoond daaraan om vervolg te word deur hul ongelowige bure – van hul oeste wat vernietig word, tot regstappe en pogings tot moord deur die gebruik van geestelike rituele.

Maar toe hulle verbied is om die dorp se naaste waterbron te gebruik, het die kerk, meer as ooit te vore, hulp benodig. Dit is toe waar jy ingetree het.

Weens jou ondersteuning, was dit vir Geopende Deure moontlik om saam met ander plaaslike kerke ʼn waterput te grawe vir hierdie vervolgde Christene. Maar die storie eindig nie daar nie.

Afgesien van bittere vervolging wat hulle moes verduur, het die Christene al die dorpenaars uitgenooi om deel te hê aan die put. Daar was onmiddellik ʼn verandering in die hart van die dorp, en hulle wou meer weet oor hierdie Christelike God. En vandag, hou die kerk weekliks aan om te groei!

“Ons mede-dorpenaars kan nou met hul eie oë sien dat die Liggaam van Christus die Christen-minderheid in hul midde ondersteun,” sê Simon Pierre. “Dit is waarom ons nie vandag kan ophou dans nie.”

Maar dit is nie net die waterput wat skoon water aan die mense voorsien nie. Jy bring ook die lewende water van Jesus Christus na dorpe soos die regoor die wêreld – selfs in plekke waar geloof die meeste kos.

Dankie dat jy voorsien in die fisieke en geestelike behoeftes van ons vervolgde broers en suster. En dankie ook vir enige geskenk wat jy vandag kan gee om meer stories soos hierdie moontlik te maak.

Jesus het geantwoord, “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry, maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom ‘n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.” (Johannes 4:13-14)

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek