Skip to content

Dankie dat jy aan gelowiges soos Rakesh die krag gee om sterk te staan

Rakesh is ʼn Christenleier in Indië wat onlangs opleiding ontvang het, wat hom toerus om vervolging te verduur.

Nadat hy tot bekering in Christus gekom het, verduur Rakesh vervolging vanaf sy gemeenskap, veral toe hy sy werk as pastor begin het. Hy vertel:

“Ons is gedreig met verskriklike gevolge indien ons aanhou in die bediening. Ons is eindelik gedwing om ons dorp te verlaat en ons bediening op ʼn ander plek te begin.”

Hy deel oor hoe bemoedig hy was deur die opleiding:

“Ek het geleer dat elke Christen deur verskeie moeilikhede gaan om ʼn Godvresende lewe te lei. Ek is bemoedig om sterk te staan en standvastig te bly in die Here. Ek is geleer hoe om daardie selfde krag met ons lidmate te deel.”

Dankie vir jou ondersteuning wat Rakesh, en so baie soos hy, bemoedig het om Jesus sterk en dapper met ander te deel – selfs al is die risiko baie hoog.

En dankie vir enige geskenk waartoe jy vandag gelei voel om te gee, om aan meer gelowiges die geleentheid te gee om hierdie noodsaaklike opleiding te ontvang.

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek