Skip to content

Wat is BLACKOUT?

BLACKOUT is ʼn geborgde uitdaging om alles wat digitaal is, vir ’n hele naweek op te gee. Sal jy Facebook, Instagram, Twitter, Snapchat, WhatsApp en enige iets anders wat jy aanlyn doen vir 48-uur kan los? Dit is ʼn totale aanlyn-BLACKOUT. Jy sal afgesny en stil wees, sonder ʼn stem, of toegang tot sosiale media. Sien jy kans daarvoor?

Hoekom?

Reg om die wêreld, is daar miljoene Christene wat geen stem het nie – wêreldwyd ervaar meer as 200 miljoen Christene hoë vlakke van vervolging omdat hulle kies om Jesus te volg. Hulle word stilgemaak, gedreig en gedwing om te vlug. Baie ly of sterf vir hul geloof. Maar, as een deel ly, ly ons almal. Hulle storie is óns storie. Ons is familie. Ons sal nie stilgemaak word nie. Ons sal opstaan vir dié wat nie ʼn stem het nie.

So, ons wil hê dat jy stil moet raak aanlyn om aandag te vestig op Christene wat vervolging verduur, en die tyd spandeer om deur gebed, ʼn reuse geraas te maak vir vervolgde Christene.

Wanneer?

BLACKOUT strek van 19:00 op enige Vrydag in November tot 19:00 die Sondag. Jy kan natuurlik ook BLACKOUT vir ʼn langer of korter tydperk doen. Party groepe doen soms 24-uur, terwyl ander, hardcore individue, al ʼn hele week gedoen het.

Back To Top
Soek