Skip to content

Dringende hulp nodig in Nigerië!

Gewelddadige aanvalle in Nigerië tussen 8 en 14 Junie het meer as 200 mense se lewens geëis en duisende ontwortel – baie van hulle volgelinge van Jesus. Geopende Deure-vennote werk saam met plaaslike gelowiges om te help. Jou geskenk vandag kan help om dringende hulp te verleen aan gesinne wat alles in die aanvalle verloor het.

  • Elke R400 kan noodleniging aan een persoon bied.
  • Elke R2 400 kan noodleniging aan ʼn gesin van vyf tot agt gelowiges bied.
GEE VANDAG

Ons stel hierdie week ʼn noodlenigingsprogram vir 300 gesinne bekend wat sonder enigiets gelaat is na gewelddadige aanvalle in Benue-staat, Nigerië.

Danksy die geskenke en gebede van Geopende Deure-ondersteuners soos jy, kan ons hierdie gesinne van noodleniging voorsien, insluitend kos, mediese voorraad en klere.

Die gesinne is vroeg in Junie uit hul huise verjaag toe Islamitiese militante van die Fulani-veewagters verskeie dorpe in die streek aangeval het. Teen die tyd dat die aanvallers padgegee het, was meer as 200 mense dood en duisende is uit hul huise ontwortel. Die meeste van die slagoffers was Christene.

LEES DIE VOLLE VERHAAL

Kort ná die aanvalle het ʼn Geopende Deure-span sommige van die oorlewendes besoek wat in verlate geboue geskuil het. Die meeste het met niks gevlug nie – geen kos, klere of medisyne nie.

“Wat kan jy op daardie tydstip vir hierdie mense sê wat hulle gemoedere sal kalmeer en hulle sal laat voel dat God teenwoordig is?” sê Virtue*, ‘n Geopende Deure-veldwerker.

“Die enigste ding wat ek kon doen, was om vir hulle te bid, want ek het geen woorde gehad nie – wat sê jy?”

Soos jy kan dink, is die nood enorm. Duisende ander mense het ook hulp nodig – en Geopende Deure se plaaslike vennote het jou hulp nodig om dit te verskaf.

Sal jy help om vir ons vervolgde broers en susters verligting te bring?

EK SAL VANDAG GEE

Ons werk saam met plaaslike gelowiges aan ʼn hulpprogram oor die lang termyn om baie meer gesinne te bereik. Maar intussen kan jy dieselfde doen as Virtue: Bid.

• Bid dat ontwortelde Christene sal weet dat God by hulle is en hoop sal vind.
• Vra God om hulle wonde te genees.
• Bid dat God die aanvallers se harte sal aanraak.
• Bid dat diegene wat ontwortel is en treur oor hulle geliefdes wat martelaars was, die vrede van Jesus sal ken soos nog nooit tevore nie

Sal jy saam met ons bid? Sal jy saam met hulle staan?

Gewelddadige aanvalle soos hierdie woed in sub-Sahara Afrika terwyl ekstremiste meestal Christelike gemeenskappe aanval. Miljoene gelowiges het uit hul huise gevlug. Daarom het Geopende Deure die meerjarige Arise Africa-petisie begin – om die stilte oor ʼn gebied onder uiterste bedreiging te verbreek en met die proses te begin om lewens te herbou. Klik hier om jou stem by te voeg!

“Dit is Hy wat dié met gebroke harte genees, wat hulle wonde verbind.” – 147:3

*Naam verander weens veiligheidsredes.

*Indien meer fondse ingesamel word as wat vir hierdie gemeenskappe gebruik kan word, sal dit gebruik word vir ander noodsaaklike werk om die Kerk te versterk om gewelddadige vervolging in sub-Sahara Afrika te weerstaan.

Back To Top
No results found...