Skip to content

Zion-kerk het volhard – dankie vir jou hulp!

Ná die aanval op Paassondag verlede jaar, het die Zion-kerk se leiers oor een ding saamgestem: Vrees het geen plek in hul kerk nie.

Die krag van die Heilige Gees was net so werklik soos hul pyn. Die kerk het ’n gebou gehuur vir die volgende Sondag, so daar was geen ontwrigting van dienste nie.

En te danke aan jou, het die Zion-kerk volhard.

Pastoor Roshan deel:

“Baie mense was in hospitale en hul families moes na hulle omsien. Maar die oomblik wat hulle ontslaan is, het hulle teruggekom kerk toe.”

Alhoewel ʼn jaar verby is sedert die aanval, treur talle lede van die Zion-kerk nog oor hul geliefdes.

Pastoor Roshan deel:

“Almal is in soveel pyn. Ek huil ook. Hierdie verlies kan egter nie ons geloof wegneem nie. Dit is nie deur ons eie krag nie – dis genade!”

Hou die Zion-kerk en almal van Sri Lanka hierdie maand in jou gebede, veral omdat dit die eerste herdenking van die aanvalle is.

En dankie vir enige geskenk hieronder wat jy nou kan gee om ander slagoffers van vervolging in die toekoms te help ondersteun.

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!

Back To Top
Soek