Video: ’n Spesiale dankie van Jan Gouws
Hierdie was ʼn uitdagende jaar, maar regdeur die jaar was God getrou. En ons prys Hom vir alles wat Hy vir ons en ons vervolgde familie in Christus hierdie jaar gedoen het.
Namate ons terugkyk op hierdie jaar, is ons by Geopende Deure dankbaar vir jou. Ons is dankbaar vir jou vennootskap waar jy saam met ons vervolgde familie in Christus staan. Dit is te danke aan jou liefde en ondersteuning wat ons kon voortgaan om hulle, te midde van hierdie moeilike seisoen, te dien.
Waar ons nou hierdie jaar afsluit, het ons vir jou as vennoot ʼn spesiale boodskap van ons uitvoerende direkteur, Jan Gouws. Kyk asseblief die video hieronder…
Ons dank God vir jou en wens jou en jou geliefdes ʼn Geseënde Kersfees toe. Mag die nuwe jaar gevul wees met God se oorvloedige liefde.
Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!