Skip to content

Dankie dat jy gelowiges soos Savang help om sterk te staan in sy geloof

Hoewel Savang* in ʼn arm familie grootgeword het, wou hy meer uit die lewe hê. Daarom het hy op tienjarige ouderdom begin om opleiding te ontvang as animistiese sjamaan.

Animiste glo dat alles in ʼn geestelike sin lewe het – van plante en diere tot riviere en die weer. Dié wêrelduitkyk is diepgewortel in die Laosiaanse kultuur, waar Savang sy lewe lank gewoon het.

Toe hy en sy familie egter Christene geword het, het hul oortuigings dadelik van hulle uitgeworpenes gemaak in die gemeenskap – en teikens van die plaaslike owerhede.

            “Ons gemeenskap het gesê ons maak nie langer saak nie, want ons glo in Christus. Hulle het ons gepeper met beledigings en ook gedreig om my te vermoor, te ontvoer en om my huis af te brand.”

Die owerhede het Savang probeer dwing om op te hou preek of enige aktiwiteit aan te bied wat met Jesus verband hou. Dit het sy hart gebreek, maar hy kon nie ophou nie… hoe meer hy gepreek het, hoe meer mense het Christus leer ken.

Die verkondiging van die Evangelie het tot gevolg gehad dat Savang vir etlike maande in haaglike omstandighede aangehou is vir valse aanklagtes. Afgesien hiervan, het hy sy oë op Jesus gehou.

Te danke aan jou ondersteuning, het Savang Geopende Deure se Standing Strong Through the Storm-opleiding bygewoon, wat hom toegerus het om te volhard in sy geloof. Hy lei nou ʼn welvarende kerk in Laos, wat bly groei.

Jou ruimhartigheid maak getuienisse soos dié van Savang moontlik en versterk die geloof van gelowiges regoor die wêreld, wat verstoot en vervolg word omdat hulle Jesus volg. Dankie vir jou vennootskap.

En dankie vir enige geskenk wat jy vandag gelei voel om te gee, om meer Christene te help sterk staan in hul geloof!

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!

Back To Top
Soek