Skip to content

Gebed is die nommer een versoek wat ons ontvang van vervolgde gelowiges.

Die stigter van Geopende Deure, Broer Andrew, weet dit. Oral waarheen hy gereis het om mans en vroue te ontmoet wat vir die naam van Christus vervolg word, is die dringendste versoek eenvoudig, “Bid asseblief vir ons.”

Maar hoe bid ons vir hulle? En hoe kan jy boonop leer om te bid sodat jou gebede ʼn impak op jou eie lewe het en jou gemeenskap, jou nasie en die wêreld beïnvloed?

Vandag wil ons jou, as nuwe vennoot van Geopende Deure, seën met ʼn kragtige gratis boekie deur Broer Andrew en Al Janssen genaamd Gebed: Die Werklike Stryd.

Hierdie boekie sal jou praktiese Bybelse lesse leer oor die ware effektiwiteit van gebed van diegene wat vervolging ervaar, omdat hulle Jesus volg. En dit help jou om te verstaan dat gebed die werklike stryd is!

Gebed was die middelpunt van Jesus se lewe. En dit is die sleutel tot ons vermoë om in oorwinning as volgelinge van Jesus Christus te leef.

Versoek asseblief jou gratis kopie van Gebed: Die Werklike Stryd vandag. (Hierdie aanbieding is slegs van toepassing op Suid-Afrikaanse burgers.)

Back To Top
Soek