Skip to content

Afrika Day gebed

Verbind julle harte in gebed vir ons familie in Afrika

Terwyl die vasteland op 25 Mei die stigting van die Organisasie vir Afrika-eenheid (wat vandag as die Afrika-Unie bekendstaan) in 1963 herdenk, wil ons hierdie geleentheid gebruik om na te dink en saam te kom in gebed vir die Kerk in Afrika, wat ʼn ongekende aanslag in die gesig staar.

Christene in lande soos Nigerië, Burkina Faso en die Demokratiese Republiek van die Kongo ervaar vervolging op ʼn skaal wat nog nooit tevore gesien is nie.

Hulle is ʼn Kerk op vlug, versprei oor die vasteland as gevolg van vervolging, konflik en ontworteling.

Sluit by ons aan vir ʼn kragtige tyd van gebed waar ons sal saamkom om meer te hoor oor die huidige uitdagings en vir ons vasteland en sy mense te bid. Dit is ʼn geleentheid om in geloof te verenig, dieper begrip te verkry en vir die Kerk se toekoms op ons vasteland in te tree.

Wat om te verwag

OPVOEDKUNDIGE SEGMENT: Kom meer te wete oor wat met gelowiges in sub-Sahara Afrika gebeur en hoe dit ons raak.

GETUIENISSE: Hoor roerende getuienisse van vervolgde gelowiges en hoe jou ondersteuning hulle help om sterk te staan.

GEBEDSESSIE: Neem deel aan gesamentlike gebed vir Afrika en vervolgde gelowiges.

Sluit op 26 Mei 2025 om 18:30-19:30 aanlyn by ons aan deur hieronder vir jou bywoning te registreer.

 

 

 

Registreer om by ons aan te sluit:

Verwante veldtogte en gebeure

Gebeure

Vervolgingsondag

Sien meer
Back To Top
Soek