Skip to content

’n Wonderwerk vir ons Afgaanse familie!

Gedurende die maand van Ramadan, het ons ʼn beroep gedoen op die Liggaam van Christus in Suider-Afrika om vir gelowiges in Afganistan te bid. Baie dankie aan elkeen wat die gebedsgids afgelaai het en saam met ons in gebed gestaan het vir ons Afgaanse geloofsfamilie.

Die situasie in Afganistan is steeds baie uitdagend, maar God bly werksaam in die lewens van Sy mense. Ons het onlangs, deur plaaslike vennote, ʼn bediening op die grens van Afganistan in ʼn Sentraal Asiese land begin, in ʼn area waarin dit baie moeilik en geslote is vir die Evangelie. Deur die Here se genade kan ons egter in diè streek bedien en kon ons help om aan ons Afgaanse familie water te voorsien.

Daar is baie vlugtelinge in die streek met talle wat wegkruip in die woestyngebiede sonder kos, klere en veral skoon drinkwater. Baie van hulle kan nie water bekom weens die uitwerking van klimaatsverandering en die terrein nie. Diegene in families wat ʼn mate van ʼn inkomste het, kan bekostig om water te koop, maar hulle is baie min. Mense drink basies reënwater en water uit die riviere en slote.

Ons het gebid vir ʼn geleentheid om in hierdie situasie te kan help en te danke aan God wat ons gesamentlike gebede aangehoor het, en vir jou hulp, was ons in staat om ons droom, en die droom van baie ander mense in hierdie streek te bewaarheid.

Ons het begin om 240 meter diep te boor en het ʼn wateraar gekry!

Dit was ʼn baie moeilike pad. Baie mense het deelgeneem aan die boor maar het nie saamgestem met die projek nie omdat hulle onseker was dat ons water sou kry. Afgesien daarvan, was daar nie toerusting beskikbaar wat so diep kon boor nie. Deur God se genade het ʼn maatskappy ingestem om ons te help en hulle het addisionele toerusting bestel om op daardie diepte te boor.

Vir ʼn maand het die masjiene en drie skofte se werkers onverpoos gewerk. Uiteindelik het ʼn wonderwerk gebeur… ons het die verlangde diepte bereik en water gekry. Nou kan plaaslike inwoners en vlugtelinge van Afganistan hierdie bron heeltemal gratis gebruik!

Prys die Here vir sy voorsiening aan ons Afgaanse geloofsfamilie!

Dankie vir jou finansiële geskenke wat gehelp het om hierdie droom ‘n realiteit te maak. Nou kan ons geloofsfamilie die noodsaaklike water gebruik wat hulle nodig het.

Jy kan aanhou om ons familie by te staan wat in vreemde lande woon omdat hulle moes vlug weens oorlog of vervolging. Op dieselfde manier waarop jy hulp voorsien het in Afgaanse vlugtelinge se behoefte aan skoon water, kan jy help om in die behoeftes te voldoen van meer gelowiges. Jou geskenk kan help om hulle te voorsien van noodhulp pakkette, Bybels, mediese sorg en soveel meer. Indien dit vir jou moontlik is, sal jou finansiële bydrae ons vervolgde geloofsfamilie help om die uitdagings van vervolging te oorleef.

Back To Top
Soek