Skip to content

Jumagul het vrede in haar hart

Wanneer jy Jumagul * se getuienis hoor, is die eerste gedagte wat by mens opkom, dapperheid. Om teen jou tradisionele oortuigings te gaan in Sentraal-Asië is ʼn risiko. Dit is egter wat Jumagul gedoen het, en daarmee saam deel sy vandag versigtig haar geloof met ander wanneer sy die geleentheid kry, afgesien van die gevare.

Ongelukkig het haar dapperheid vervolging van haar dorpsmense, en selfs op ʼn stadium van haar man af, tot gevolg gehad nadat een van haar familielede tot bekering gekom het. Dit het haar egter nog nooit ontmoedig om die waarheid van die Evangelie te verkondig nie: “ Ek het ʼn vrede in my hart. Vrede wat net God kan gee”. Haar geloof in aksie is waarlik inspirerend.

As geheime gelowige is Jamugal in die bevoorregte posisie om haar geloof op ʼn beskeie manier te kan deel, tydend persoonlike interaksies, tydens baie geheime gelowiges hul geloof heeltemal stil moet hou.

Terwyl jy na haar getuienis luister, bid ek dat jy bemoedig sal wees in jou eie geloof, met die wete dat ongeag waardeur jy gaan, God met jou is.

Dit is bemoedigend om te sien hoe gelowiges soos Jumagul die moed skep om ander te vertel oor hul geloof, afgesien van die gevare wat hulle in die gesig staar. Dit is vir gelowiges soos Jumagul vir wie Geopende Deure se vennote alles op die spel plaas.

Broer Sam wat saam met hierdie gelowiges werk, is dankbaar vir jou liefde en ondersteuning.

“Ek wil elke gelowige, regoor die wêreld, bedank wat hierdie geheime gelowiges help deur gebed en finansiële ondersteuning. Wanneer ook al jy die naam, of die woord “ geheime gelowiges” hoor, bid vir hulle. Deur vir hulle te bid, versterk jy die Kerk. Ons behoort aan die Liggaam van Christus. Daarom moet ons bid vir die geheime gelowiges,” se Broer Sam

Dankie dat jy hierdie gelowiges help sterk staan tydens vervolging. Geheime gelowiges is dankbaar vir die gebed en finansiële ondersteuning van regoor die wêreld. Hulle deel dikwels dat die krag van gebed tasbaar is wanneer hulle onder druk is vir hul geloof.

Jy kan voortgaan om daar te wees vir ons familie in Christus deur ons te help om hulle te bereik met dissipelskap, ondersteuning en die Woord van God. Indien jy egter in ʼn posisie is om te kan gee, oorweeg asb. Biddend om vandag te skenk en hulle te help sterk staan in hul gelof om sout en lig te wees in hul gemeenskappe.

 *Naam verander en gesig versteek vir sekuriteitsredes.

Back To Top
Soek