Skip to content

God was getrou aan Kirti

Oor die afgelope twee jaar het ons heelwat gedeel oor die dapper geloof van Kirti* van Indië, wie se man deur Maoïstiese ekstremiste vermoor is omdat hy gekies het om vir Jesus te lewe.

Te danke aan jou gebede en ondersteuning was Geopende Deure op daardie stadium in staat om haar hospitaalrekeninge te betaal en haar ook van kos en ʼn veilige hawe te voorsien. Kyk hierdie video oor wat met Kirti gebeur het:

Kirti is nou terug in haar dorpie saam met haar vier kinders. Sy het ook haar skoonouers ingeneem, wat haar help om groente te plant en te verkoop.

Net voor die grendeltyd verlede jaar, het Kirti in ʼn ander dorpie gaan werk. Terwyl sy weg was, het die mense in haar tuisdorp al haar voedselgewasse verwoes.

 “Van die mense in my dorp – die wat my altyd vervolg oor my geloof – het met opset hul diere na my plaas geneem en hulle in my lande laat wei… As gevolg daarvan het ek baie finansiële probleme gehad.”

Om haar probleme te vererger, was sy een van die gelowiges wat gedurende die grendeltyd voedselhulp geweier is deur diegene wat toesig gehou het by die uitdeel daarvan.

Gelukkig was God getrou aan haar. Deur jou ondersteuning was plaaslike vennote in staat om Kirti voortdurend by te staan.

 “ Die organisasie het my so baie gehelp. Hulle het vir my ʼn tuiste geskep, vir ons klere, eetgerei en rantsoene gegee… Die werk het opgehou weens korona, tog het die Here nooit toegelaat dat ons familie kortkom nie. Met tyd het God in elkeen van ons behoeftes voorsien. Ek het gedurende die grendeltyd geen probleme ervaar nie. God is by my, en God voorsien in al my behoeftes.”

Die Here het ook in die harte van haar skoonouers gewerk wat haar vervolg het. “My skoonpa het nie in Jesus Christus geglo nie… maar ek het aanhou bid vir sy verlossing. Ek dank die Here dat hy nou vir ʼn paar dae al begin glo het in Christus.” En in die grendeltyd het 10 nuwe families in haar dorpie tot geloof in Christus gekom.

Kirti is dankbaar vir God se voorsiening, antwoorde oop haar gebede en jou gebede en ondersteuning. Haar gebed vir jou:

“Lewegewende God, Ek dank U vir almal wat my ondersteun het in my moeilike tye. God seën hulle, en voorsien in al hul behoeftes.”

 Dankie dat jy saam met ons vervolgde familie regoor die wêreld staan! Jou hulp is ʼn noodlyn vir talle wat vervolging en diskriminasie verduur vir die naam van Christus. Indien jy vandag kan bydra, vra die Here asseblief biddend hoe jy ʼn helpende hand kan uitsteek na ons vervolgde familie in die gevaarlikste plekke om ʼn Christen te wees.

*Naam sekuriteitsredes verander vir

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!

Back To Top
Soek