Skip to content

Jy het vir Demiana gehelp om Jesus te vind

In text image_March-2021

“Waar is God?” Dit is was Demiana* se vraag aan ons veldwerker, Maryam*, en haar span toe hulle die eerste paar kere by haar besoek afgelê het in Egipte. Niemand sal haar kwalik neem oor daardie vraag nie. Sy het al so baie seer ervaar. Haar man is oorlede aan kanker omdat hulle nie die behandeling kon bekostig nie, haar kinders moes hul skoolonderrig staak vir die selfde rede en haar twee seuns (6 en 9) moes by die plaaslike bakkery gaan werk om die gesin te help onderhou.

Demiana was so gefrustreerd met haar omstandighede dat sy alle hoop in God verloor het. Met ons eerste besoek aan haar was sy egter baie skepties om ons selfs in haar huis te laat inkom, veral toe sy sien dat een van ons veldwerkers ʼn Bybel saamdra. “Ons laat nie nou besoekers toe nie,” het sy deur geklemde tande gesê. “Maar ons het vir jou ʼn boodskap van God af,” het Maryam se kollega gesê. “Dit sal nie langer as 15 minute neem nie.” Sy het diep asemgehaal en die deur oopgemaak sonder om ʼn woord te sê.

Sy het gedeel dat sy baie eensaam voel met geweldige verantwoordelikhede, en dat sy voel dat God nie getrou is nie. “Waar is God in hierdie omstandighede?” het sy gevra. “Kan Hy nie ʼn wonderwerk laat gebeur nie? Kan Hy my nie deur Sy genade ondersteun nie.” Gebroke deur haar omstandighede, het Demiana in trane uitgebars.

Gelukkig het jou ondersteuning dit vir ons moontlik gemaak om Demiana by te staan en die Evangelie met haar te deel op ʼn baie praktiese manier. Terwyl Demiana gehuil het, het Maryam se kollega vir haar gesê: “Weet jy dat God ons nooit los nie. Wat ons vandag vir jou saamgebring het, kan jy beskou as ʼn geskenk van Hom.” Die geskenk was ʼn naaldwerkmasjien wat moontlik gemaak is te danke aan jou ruimhartigheid.

Die dankbaarheid op haar gesig is iets wat geld nie kan koop nie.

Ons het Demiana aanhou besoek. Met sommige besoeke het ons net na haar geluister, haar ondersteun sonder woorde. Ons het altyd gebid voor ons daar weg is. Ons wou gehad het sy moet weet dat sy nooit alleen is nie.

 Eindelik het Demiana, wat uit ʼn Christen-familie gebore is, maar nooit rêrig ʼn aktiewe kerklidmaat was nie, haar hart vir Jesus gegee. Sy het begin om te bid, Bybel te lees en haar kinders geleer oor hul Hemelse Vader, Sy liefde en Sy genade. En, dat maak nie saak wat gebeur nie, Hy daar is vir hulle. Sy is nou ʼn aktiewe lid van haar plaaslike kerk en help nou ander op dieselfde manier as waarop sy voorheen gehelp is.

Vandag maak sy genoeg geld met die items wat sy met die naaldwerkmasjien maak om haar kinders weer skooltoe te stuur. Voordat sy die masjien begin gebruik het vir ʼn inkomste, het sy eers ʼn stel serpe gemaak as ʼn geskenk vir die vroue in haar kerk. Dit was haar manier om aan God “dankie” te sê vir Sy voorsiening.

Die lewe as ʼn Christen-vrou in die landelike gebiede van Egipte is steeds nie maklik nie. Maar sy het nou hoop, en belangriker as dit, weet sy dat die God van die heelal aan haar kant is en haar lief het. Te danke aan jou weet sy dat sy nooit alleen is nie .

 

*Name verander en verteenwoordigende foto gebruik vir sekuriteitsredes.

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!

Back To Top
Soek