Skip to content

Jy steek hoop aan in die lewens van kinders

Ek kan nie glo daar is slegs vyf Vrydae oor voor Kersfees nie. As ek terugdink aan my familie-kersfese, is my herinneringe gevestig op ons uitgebreide familie tyd by mekaar – wat gewoonlik begin het met ʼn kerkdiens. Ons het afgewissel en elke jaar by iemand anders gekuier. Elkeen sou ʼn spesialiteitsdis saambring vir ete – ham, hoender, frikkadelle, geroosterde aartappels, en natuurlik trifle vir ʼn somersnagereg. Ons sou net ʼn luilekker middag deurbring en pret hê.

Kersfees geskenke is beperk tot een spesiale speelding en dikwels praktiese dinge wat benodig is vir die volgende skooljaar. Wat is jou gunsteling herinneringe van Kersfees?

In lande waar ons vervolgde familie bly, word Kersfees nie so openlik gevier nie. Om ʼn geskenk te gee is ʼn spesiale geleentheid om uit te reik in deur die liefde van Christus – ʼn manier om hoop aan te steek.

Daarom het die Geopende Deure-span in Sentraal-Asië verlede Desember verskeie uitreik aksies georganisees om Kersfees en Nuwejaar te vier. Ons span het die kersverhaal gedeel en geskenke uit gedeel aan kinder wat nog nooit vantevore Kersgeskenk gekry het nie.

 “Ek het die hele jaar gewag dat iemand vir my ʼn geskenk moet gee. My ma werk nie, my pa werk, maar hy verdien baie min. Ek gaan nie kleuterskool toe nie, want het te duur geword. Ek is gelukkig Vader Jesus my onthou en my liefhet,” het ʼn klein dogtertjie gesê.

Te danke aan jou ondersteuning kon ʼn span van 15 gelowiges besoek aflê by laerskole, hoërskole, bevallingshospitale, kleuterskole, kinderhuise en staatsuniversiteite waar hulle die gemeenskap wat hoofsaaklik ʼn Moslem-meerderheid het, kon bedien en sowat 8000 kalenders uitdeel wat Bybelverse bevat. Hulle het ook sowat 4000 Kersgeskenke uitgedeel, straatuitvoerings oor die Evanglelie aangebied en Christelike literatuur voorsien wat in die plaaslike taal geskryf is.

 In ʼn reaksie op hul uitreik, het Zuchra*, ʼn ma van ses kinders, gedeel oor die uitwerking wat dit op haar familie gehad het: “ Ek is so dankaar vir God vir die geleentheid om julle te ken. Julle het na ons huis toe gekom en hierdie ongelooflike vakansie saam met julle gebring. My dogter sal vir die eerste keer in haar lewe Kersfees vier. Dis ongelooflik! Dankie Here, vir hierdie wonderlike geskenk in ons lewens!”

 Alle eer aan die Here dat Hy ons die geleentheid gegun het om hierdie uitreik te kom doen wat so baie mense se lewens verander het in Sentraal-Asië en baie ander lande.

 Dankie dat jy gehelp het om hierdie uitreik moontlik te maak. Jou ondersteuning help baie kinders om die vreugde te ervaar van ʼn Kersgeskenk, sommige vir die eerste keer. Dit steek hoop aan in baie families se lewens en breek die waarheid van Jesus oop. Indien dit vandag vir jou moontlik is, oorweeg dit asseblief  biddend gee om te help om hoop aan te steek in meer families se lewens hierdie Kersseisoen.

*Naam verander vir sekuriteitsredes.

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!

Back To Top
Soek