Skip to content

Getuienis: Ons geloofsfamilie kan voortgaan om God se lig te skyn

Namate ons terugkyk op die afgelope jaar, staan ons weereens in verwondering oor God se voorsiening in die lewens van ons vervolgde geloofsfamilie.

Te danke aan ons getroue vennote, kon talle vervolgde Christene regoor die wêreld voortgaan om die lig van Christus in hul gemeenskappe te skyn namate daar in hul fisiese en geestelike behoeftes voorsien is.

Ons volledige 2021 Impakverslag sal aan in Junie bekengestel word, maar ek wou jou graag ’n blik gee oor hoe, deur jou liefde en ruimhartigheid, Geopende Deure se veldwerkers en frontlinie-vennote in die dringendste behoeftes van ons familie regdeur 2021 kon voorsien.

Jou ondersteuning het gehelp om die waardigheid van mans, vroue en kinders gedurende 2021 te herstel. Mans en vroue kon danksy die praktiese hulp en noodleniging wat jy help moontlik maak het na hul families omsien. Hulle en hul families kon die traumasorg ontvang wat hulle nodig het nadat hulle vervolging verduur het. Kinders wat by die skool geboelie of afgeskeep word, kon Christelike onderrig ontvang en hulself in Bybelstories identifiseer.

Jou hulp in 2021

Untitled-6

In die lewens van Afgaanse Christene

Kwesbare gelowiges wat van die nuwe bewind in Afganistan vlug, het te danke aan jou noodleniging ontvang. Jou gebede het hoop gebring vir diegene wat gekies het om dapper agter te bly en ʼn lig in die duister te wees.

Untitled-2

In Suidoos-Asië

Dit is basies onmoontlik om Bybels in Laos te verkry. Indien jy een opspoor, kos dit die gemiddelde plattelandse werker byna twee weke se lone. Jou ondersteuning het met een afleweringsreis gehelp om 250 Bybels aan gelowiges te voorsien, en dit het hulle hoop aangesteek.

NK

In Noord-Korea

Selfs in die gevaarlikste plek op aarde om ʼn Christen te wees, het jy hoop aangesteek. Jou ondersteuning het deur ons netwerke in China kos, medikasie en klere aan sowat 60 000 gelowiges voorsien. Jy het ook gehelp om persoonlike Bybelse opleiding vir Noord-Koreaanse gelowiges by ons vennote se skuilhuise aan te bied.

Untitled-3

In Sirië en Irak

Christene wat in die skadu van vervolging lewe, het nou te danke aan jou ondersteuning Sentrums van Hoop. In Irak alleen het 125 kerke Sentrums van Hoop geword. Hierdie bakens van hoop in ʼn donker plek bied dissipelskapsopleiding, inkomste-genererende projekte en traumaherstel-werkswinkels.

Untitled-1

In Nigerië

Honderde Nigeriese weeskinders wat hul ouers weens vervolging verloor het, is beurse aangebied. Jou ondersteuning het lig na hul donker situasie gebring en aan hulle ʼn blink toekoms gebied.

Untitled-5 png

In Indië

Jy het by gelowiges gestaan wat godsdienstige geweld verduur. As gevolg van jou ondersteuning, het Preetha* lewensreddende hospitaalversorging ontvang. Sy is weens haar geloof aangeval en mediese versorging geweier. “Indien Geopende Deure se vennote nie gehelp het nie, sou ek gesterf het,” vertel Preetha

Te danke aan jou is hoop aangesteek in die lewens van vervolgde Christene regoor die wêreld – en hul geloof kon helder skyn in 2021 en daarna. Mans, vroue en kinders kon leer dat God hulle liefhet en kon as gevolg van jou gebede en ondersteuning regdeur die jaar begin om sin te maak van die vervolging wat hul lewens raak.

In die jaar wat voorlê sal jou ondersteuning aanhou om noodsaaklik te wees vir hulle om te midde van vervolging te floreer. Hou asseblief aan om hierdie jaar vir hulle te bid. En, indien dit vandag vir jou moontlik is, oorweeg dit asseblief biddend om finansieel by te dra om hulle te help sterk staan vir Jesus hierdie jaar, ongeag van wat hulle in die gesig mag staar.

*Naam verander vir sekuriteitsredes.

Back To Top
Soek