As deel van Geopende Deure se Teenwoordigheidsbediening, het ek onlangs ʼn land besoek met ʼn ryk en antieke geskiedenis. Weens die Covid-19-pandemie, was dit Geopende Deure se eerste besoek in twee jaar. Ek wil graag met julle ʼn paar dinge oor my ervaring omdat dit my eerste bedieningsbesoek saam met die organisasie was.

Terwyl ek en van my kollegas in vryheid op die balkon van ʼn moderne hotel kon sit, uitkyk oor Kaïro en bid vir krag vir ons geloofsfamilie om die sout en lig te wees te midde van hul omstandighede, veral diegene buite die stad – het baie van hulle hul vryhede verloor deur die jare.
Wanneer jy eers as ʼn Christen identifiseer, is dit moeilik om werk te kry in Egipte. Christelike besighede word geteiken om te verseker dat hulle nie floreer nie. In skole word Christen-kinders met opset benadeel. Hulle word agter in klasse (van 70 leerlinge) geplaas waar hulle nie kan hoor nie, wat beteken dat hulle nie kan leer nie. Hulle het dikwels ook nie vriende nie of word uitgekryt weens hul geloof.
Ons besoek aan die martelaarsmuseum, waar ʼn selfmoordbomaanvaller ʼn bom laat afgaan het tydens ʼn gebedsaand vir vroue by die St. Peter en St. Mark Kerk in 2016, beklemtoon die realiteit van die stryd tussen die Koninkryk van God en die teenwoordigheid van die bose magte, asook die prys wat dit verg om die dapper besluit te neem om Jesus te volg in ʼn vyandige omgewing.
Tog, te midde van al die swaarkry, lewe die Kerk! Met die besoek aan plaaslike kerkdienste, was die beroep op plaaslike Christene baie duidelik; om die Evangelie te verkondig in hul huise, met familie, in vriendskappe en werkskringe. Ons is almal uitgedaag om uit ons gemaksones te beweeg en glo my as ek se dat ons sin baie gemakliker is as die van ons broers en susters wat daar woon.

As ek terugkyk op my besoek, is ek bly dat ek kan deel wees van hierdie ongelooflike bediening in ‘n tyd soos die! Dankie dat jy saam met ons ʼn vennoot in die bediening was deur die jaar, en vir alles wat jy vir ons vervolgde familie doen. Ek sien uit om in die nuwe jaar voortdurend ʼn pad saam met jou te stap tot versterking van ons familie in geloof.
Terwyl ons die geboorte van Christus vier vanaand en more, laat ons nadink oor alles wat ons Almagtige Here gedoen het en aanhou doen in Egipte, Suid-Afrika en regoor die wêreld.
Vir ons is ‘n Seun gebore, aan ons is ‘n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg – Jesaja 9:5-6 NIV
Peace
Lynette
N.S Indien jy nog nie geleentheid gehad het om by te dra tot ons Steek Hoop Aan-veldtog nie, gee asseblief hieronder.

