Skip to content

Ondanks al die donkerte in hierdie land, wat met vervolging gevul is, het kinders hul vonk van hoop in Jesus gevind.” Rafif se pa is voor haar geboorte doodgemaak omdat hy ʼn Christen was. Nou vind sy hoop in die Redder vir wie hy gesterf het.

Rafif is elf. Sy het haar pa verloor in ʼn bomaanval wat Christene in Irak geteiken het. Hy het talle lewens gered deur ʼn bus vol jong gelowiges oor die bom te waarsku, maar is self tragies dood in die aanval. Rafif was toe nog nie gebore nie.
“Ek mis my pa,” sê Rafif. Dit is veral moeilik tydens Kerksfees. ʼn Geboortetoneel van Jesus wat haar pa van papier-mâché gemaak het, help Rafif om in hierdie tyd van die jaar aan hom te dink: “Ek het hom nooit geken nie, maar as ek die geboortetoneel opstel, voel ek dat hy met ons Kersfees teenwoordig is.”

Waarom is Rafif se pa deur Islamitiese ekstremiste doodgemaak? Rafif is nog jonk en stel dit eenvoudig: “Omdat hulle Christen-mense haat, hulle wil ons uit die wêreld kry. Maar ons staan altyd sterk!”

Rafif se familie het hul broodwinner verloor, wat hulle ekonomies kwesbaar maak.

Danksy Geopende Deure-ondersteuners ontvang Rafif en haar ma, praktiese en geestelike hulp oor die lang termyn ontvang. Dit sluit ʼn Christen-opvoeding vir Rafif in.

Irak is nie die enigste plek waar Christene weens hul geloof vervolg word nie. Miljoene kinders regoor die wêreld gaan hierdie Kersfees hul ouers mis, geweld in die gesig staar en diskriminasie ervaar omdat hulle ouers gekies het om Jesus te volg.

Wanneer Rafif hieroor uitgevra word, weet sy wat sal help: “Elkeen van hierdie kinders behoort Christen-opvoedingsklasse soos myne te kry.”

Jy kan help om Rafif se visie te verwesenlik. Jy kan help om die vervolgde Kerk se toekoms te verseker.

Gee asseblief vandag ʼn Kersgeskenk en bid om die vonk van hoop te help terugbring in die lewens van kinders in die vervolgde Kerk.

  • Elke R290 kan aan twee vervolgde kinders ʼn Kersgeskenk gee (soos Bybels, klere en skoolbenodigdhede).
  • Elke R1 275 kan ʼn Kersfees-familiepakket met noodsaaklike kos, ʼn geskenk vir ʼn kind en die geleentheid vir hulle om ʼn spesiale Kersfees-kinderpartytjie by te woon, voorsien.
  • Elke R2 550 kan vir ʼn jaar se basiese skoolonderrig betaal vir twee kinders van pastore wat weens hul geloof doodgemaak is.
Back To Top
Soek