Skip to content

Stap die pad saam met dapper gelowiges soos Ayaan.

Word vandag ’n Frontlinie Vennoot!

Sedert sy twaalf jaar gelede tot geloof in Christus gekom het, het Ayaan dodelike aanvalle en aanhoudende teistering verduur.

Hoe het sy dit reggekry om te volhard? Ayaan weet dat dit slegs deur die toegewyde gebede en ondersteuning van haar familie in Christus regoor die wêreld is.

“Mag God elkeen seën wat vir my gebid en my ondersteun het. Dit voel asof iemand reg langs my is.”

Miljoene gelowiges soos Ayaan betree ’n moeilike en gevaarlike pad waar geloof die meeste kos wanneer hulle Christus begin volg. En soos die nuwe 2020 Wêreldwaarnemingslys toon, neem opposisie nou toe in so baie streke.

Jy kan saam met hulle stap op een van die kragtigste maniere deur ’n Frontlinie Vennoot te word.

Wanneer jy deur jou maandelikse geskenk ’n Frontlinie Vennoot word, sal jy help om in die langtermyn-behoeftes van vervolgde gelowiges te voorsien deur inisiatiewe soos die volgende te ondersteun:

  • Om Christen-weduwees se kinders skool toe te stuur.
  • Om kerke en huise in oorlogsgebiede te herbou.
  • Om skuilhuise te voorsien aan gelowiges wat vlug, te voorsien.
  • Om bekeerlinge in Islamitiese gebiede toe te rus om die ondergrondse kerk te laat groei.

Jou lojale betrokkenheid by ons vervolgde broers en susters sal hulle help om sterk te staan. Hulle sal so dankbaar wees teenoor jou.

*Verteenwoordigende foto gebruik vir sekuriteitsredes.

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!

 

Back To Top
Soek