Skip to content

Ontmoet ons gasspreker

Pastoor Karim

Pastoor Karim bedien al vir die afgelope 21 jaar Moslem-gemeenskappe in Indië, ten spyte van ernstige vervolging. Alhoewel hy ‘n merkwaardige pad met die Here stap en die vervolgde Kerk al vir jare lank dien, het sy besluit om dit te doen teen ‘n duur prys gekom.

Siende Karim uit ʼn konserwatiewe Moslem-huis kom, was hy geskok toe ‘n organisasie vir hom Christelike literatuur gepos het. Om een of ander rede, kon Karim nie van die boeke ontslae raak nie en het hy dit begin lees. Hoe meer hy gelees het hoe meer wou hy weet, en so het sy pad saammet die Here begin.

‘n Paar jaar later, nadat hy met ʼn Christen-vrou getroud is, het Karim sy geloof aan sy familie bekend gemaak. Sy broers het hom vas geketting, geslaan en wou hom doodmaak toe hy weier om van sy vrou te skei en sy geloof te ontken. Tot vandag toe dien Karim en sy familie die Here, asook die vervolgde Kerk. Afgesien daarvan dat hy ernstig vervolg is, en sy familie verloor het, is Karim steeds opreg dankbaar om ‘n kind van God te wees.

*Verteenwoordigende foto gebruik vir sekuriteitsredes.

Back To Top
Soek