Skip to content

Jou ondersteuning bring mense in Sentraal-Asië na Jesus

Selfs wanneer dit byna onmoontlik voel om die Evangelie prontuit te deel, is Jesus werksaam deur jou geskenke en gebede.

Sara* was vasgevang in alkoholverslawing, en dit het byna haar lewe vernietig. Sy was op ’n absolute laagtepunt.

God het egter twee mense na Sara se huis gestuur wat haar na House of Mercy, ’n rehabilitasiesentrum wat met die ondersteuning van Geopende Deure begin is, gebring het.

“Die opregte, eenvoudige liefde wat Christene aan my en my kinders betoon het, het my bonatuurlike krag gegee om staande te bly,” onthou Sara van haar tyd in die sentrum.

 “Ek is eendag uitgenooi na ʼn gebedsbyeenkoms waar vroue vir my gebid het. Hulle het die Here gevra om my te help om die verslawing te weerstaan. Op daardie oomblik was my grootste begeerte om Jesus beter te leer ken.

 “Ek het berou getoon en was seker dat ek vergewe is.”

 Jou ondersteuning help om die Evangelie in die mees gebroke dele van die wêreld te versprei, en mense leer en ervaar al meer oor die lewensveranderende liefde van Jesus.

 Dankie dat jy voorsien in die fisieke en geestelike behoeftes van mense wat Jesus desperaat wil leer ken. En dankie vir enige geskenk wat jy vandag kan gee om meer getuienisse soos hierdie ’n werklikheid te maak.

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!

*Naam verander en gesig verberg vir sekuriteitsredes.

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek