Wys aan Christene in Sentraal-Asië die aangesig van Christus
Meeste lande in Sentraal-Asië is sedert die eerste kwartaal van die jaar onder COVID-19 inperkings, wat talle gelowiges werkloos, geïsoleerd en sonder kos gelaat het. Geopende Deure-werker, Saida*, wie gereeld met gelowiges oor sewe lande in Sentraal-Asië werk, het gedeel oor die inperkings se rampspoedige uitwerking op gelowiges. Sy sê dat die situasie so erg geword het dat in party afgeleë gebiede, families van gelowiges selfs gras moes eet om te oorleef.
“Ons het ʼn verslag ontvang vanuit die platteland oor ʼn groep dowe gelowiges. Hulle moes noodgedwonge die gras in hulle tuine neem en dit gras eet omdat hulle niks kos gehad het nie. Hulle is geïgnoreer en het geen maatskaplike hulp ontvang, soos kospakkies nie… bloot omdat hulle Christene is. Dis ʼn baie ontstellende situasie,” het Geopende Deure-werker, Saida gedeel.
Ongelukkig is dit die realiteit vir baie van ons broers en susters wat uitgesluit word van maatskaplike sorg weens hul geloof. Vir party is vervolging nou selfs erger omdat hulle saam met hul vervolgers ingeperk is. “Ek weet van ʼn bejaarde vroulike gelowiges wat hulp nodig het. Sy word heeltemal deur die Moslem kant van haar familie geïgnoreer. Hulle bied haar geen hulp nie.”
Jy kan help om gelowiges soos hierdie te ondersteun deur vandag ʼn geskenk te gee.
Saida sê dat selfs al is dit moeilik, vind die Kerk maniere om kos te stuur en doelbewuste besoek af te lê.
Sedert die uitbreek van die pandemie, reik Geopende Deure se plaaslike vennote in Sentraal-Asië uit na Gelowiges vanuit ʼn Moslemagtergrond wat deur die regeringsinperkings geaffekteer is. Tot op datum, het ons 2 000 families (ʼn beraamde 10 000-12 000 mense) met voedsel en ander praktiese hulp bereik, maar daar is steeds baie meer families wat bystand en ondersteuning benodig.
“As dit nie vir die kospakkies was nie, sou die mense vir langer honger gely het,” deel sy.
Dit is hoekom jou geskenk hieronder so belangrik is om hierdie kwesbare gelowiges te help oorleef in hierdie beproewende tyd. Sodat hulle mag weet dat selfs in die aangesig van ʼn wêreldwye pandemie, is hulle nie vergete nie en nooit alleen nie.
Oorweeg asseblief om vandag te gee om hulle in hul tyd van nood by te staan. Jou geskenk sal nie onopgemerk gaan nie.
*Naam verander vir sekuriteitsredes.