Skip to content

Help ons om teen geweld in Afrika op te staan

Gewelddadige vervolging is ʼn grootskaalse en groeiende probleem in sub-Sahara Afrika. Sluit vanjaar by ons aan vir die meerjarige Arise Africa-veldtog om met die Kerk in sub-Sahara Afrika hande te vat om te midde van vervolging op te staan. Besoek www.opendoors.org.za/staanopafrika.

 

Hou hierdie Vrouedag ʼn tee vir jou vervolgde susters

Hou jou oë in die volgende maand op ons webtuiste om te sien hoe jy by vroue regoor die land kan aansluit vir ons jaarlikse Tea4Them-byeenkoms op 9 Augustus en regdeur Augustusmaand.

 

Reis saam met ons

Sluit by ons aan vir ʼn reis na Sentraal-Oos-Afrika van 26 Julie tot 1 Augustus, om vir ons familie te bid en hulle te bemoedig, sowel as om meer oor die land te leer. Beraamde koste is R35 890,00. Aansoeke sluit op 15 Junie 2023. Beperkte plekke is beskikbaar, so doen nou navraag. Epos [email protected] vir meer inligting.

Back To Top
Soek