Skip to content

Uitslae van algemene verkiesing bring verdeeldheid | Suidelike Filippyne  

Op 9 Mei het die algemene verkiesing in die Filippyne plaasgevind. Die dag voor die verkiesing het ʼn gespannendheid geheers en daar was gerugte dat iets gaan gebeur.

Ongelukkig is ses mense op verkiesingsdag dood en talle beseer tydens 16 verskillende kiesverwante voorvalle in die Suidelike Filippyne. Dit het die steel van stembusse, gewapende konflik tussen politieke teenstanders, skietvoorvalle en ontploffings ingesluit.

Toe die uitslae die volgende dag bekendgemaak word, was baie mense ooglopend teleurgesteld. ʼn Groep saamtrekkers het buite die Filippynse verkiesingskommissie byeengekom om hul ontevredenheid uit te spreek oor die uitslae van die presidensiële en vise-presidente stemme.

Bid vir die nuwe Filippynse regering, die lede wat die landsburgers sal verteenwoordig en dat die eenheid in die Liggaam van Christus mag voorgaan, afgesien van verskillende politieke uitkyke

 

ʼn Dag van geweld tussen pro- en teenregeringsgroepe | Sri Lanka

In Meimaand is Eerste Minister, Mahinda Rajapaksa, gedwing om te bedank nadat vyf mense gesterf het tydens gewelddadige konflikte, insluitend ʼn lid van die regerende party.

Op die 9de Mei, het geweld uitgebreek toe ondersteuners van die regerende party vreedsame betogers in die hoofstad aangeval het met stokke en knuppels. Dit het plaasgevind na weke se vreedsame protesaksies teen die regering. Huise, karre, busse en trokke wat aan ondersteuners behoort is aan die brand gesteek, terwyl vroue, priesters en burgerlikes deur woedende bendes aangerand is. Na die geweld is ʼn 7-dag landswye aandklokreël ingestel in Sri Lanka.

Bid dat die gees van geweld in Sri Lanka sal afneem en dat regverdige en wyse leier aangestel sal word en Sri Lanka uit ʼn ekonomiese krisis se lei.

 

Jong Christelike vroue student wreed vermoor | Nigerië

Op die 12de Mei, is Deborah Samuel Yakubu, ʼn Huishoudkundestudent en Christen, wreed aangeval en vermoor deur ʼn groep manlike Moslemstudente by die Shehu Shagari College of Education in Wamako, Sokoto State, Nigerië. Sy het na bewering reageer op ʼn godsdienstige (Islamitiese) inskrywing op ʼn skoolgroep wat slegs vir akademiese kwessies bedoel is.

Daar word beweer dat ʼn lasterlike woord gebruik het in haar stemnota. ʼn Bron het egter aan Geopende Deur vertel dat sy gesê het Jesus wonderlik is en dat Hy haar deur haar eksamens gehelp het, wat aanstoot gegee het vir die studente. Ons kon tot dusver nog nie hierdie bewering bevestig nie.

Die aanval het geweldige onrus veroorsaak, wat tot gevolg gehad het dat die kollege sluit en studente aangesê is om die kampus te ontruim. Ons is in die proses om meer besonderhede te bekom en sal ʼn opgeteerde verslag stuur sodra dit beskikbaar is.

Bid dat God Deborah se familie en vriende sal vertroos in hul tyd van rou en dat God Christene  sal beskerm. Soortgelyke gevalle het in die verlede al uitbarstings van geweld veroorsaak.

.

Back To Top
Soek