Skip to content

Ram leer dat wanneer hy swak is, is die krag van Christus sterk 

In die wêreld se grootste demokrasie het vervolging aansienklik begin toeneem sedert die verkiesing van Eerste Minister Modi in 2014. Dit bly egter teen ʼn kommerwekkende tempo toeneem namate die Bharatiya Janata Party (BJP) beheer verkry oor al meer state in Indië, met die aantal gevalle wat meer word en die intensiteit van geweld wat toeneem.

Ram* ken die geweld wat Christene vir hulle geloof verduur al te goed, omdat hy dit self ervaar het.

 “Toe ek Christus in ʼn brose oomblik gevind het, het ek, soos Paulus gesê het ‘In my swakheid, my behaag in Christus.’ My ouers was teleurgesteld in my omdat ek Christus aangeneem het en hulle het probeer om my te oorreed om Christus, die volksvreemde God te versaak, en terug te keer na my ou geloof, maar ek het geweet daar is geen manier dat ek sal terugdraai nie,”  het Ram gedeel.

Wonderbaarlik het sy familie ook tot bekering gekom toe God sy ma van ernstige nierprobleme genees het . Ram het ʼn kerk in die nabye dorp begin, wat die plaaslike inwoners boos gelaat het.

Van die plaaslike dorpenaars, met behulp van godsdienstige ekstremiste, het vir Ram vertel dat die kerk aangeval word. Toe hy by die kerk aankom het die dorpenaars en ekstremiste hom genadeloos geslaan, en die kerk geplunder. Die kerk is ook later deur plaaslike owerhede toegemaak toe hulle die insident probeer rapporteer het.

Sy familie was so beangs deur die gebeure dat hulle wou hê hy moes sy geloof versaak. Alhoewel hy geskok was deur die aanval, het Ram hulle verseker “my geloof in God is onpeilbaar en onwrikbaar”.    

“Ek was herinner aan Paulus se woorde en het beter gevoel. Die kerk wat gesluit is sit soos ʼn doring in my vlees, en dit herinner my om op God te vertrou. In swakheid, is Sy magtigheid vervolmaak,” verklaar Ram

Die voorval het Ram en sy familie in ʼn moeilike situasie gelaat, omdat sy salaris gestop het weens die kerk se sluiting. Hulle het nie ander werk gehad nie en kon ook nie werk kry weens die pandemie nie. Dit was op daardie stadium wat jy hom gehelp het.

“Julle ondersteuning het my oorweldig. Om geen inkomste of werk te hê nie, was my laagste punt. Ek het aangeneem dat ek God gefaal het en dat Hy Sy aangesig van my weggedraai het. God het deur al my wanpersepsies gebreek en opnuut sy opperheerskappy bewys deur julle hulp en ondersteuning. Ek kan sonder twyfel getuig dat wanneer ek swak is, is ek sterk. Christus se almag is vervolmaak in my lewe.”  

Sonder ondersteuning, staar talle Christene uiterse smart in die gesig; hulle word toegang geweier tot maniere om ʼn inkomste te genereer, hulle word mediese hulp geweier en ervaar ook ongeregtigheid ten opsigte van wetstoepassing. Baie dankie vir jou voortdurende gebede en ondersteuning vir ons familie in Indië.

Mag Ram se storie jou nie net herinner van die impak wat jy maak in die lewens van ons vervolgde geloofsfamilie nie, maar mag dit ook ʼn herinnering wees van God se almaalmag in tye wat jy deur beproewing gaan.

*Naam verander vir sekuriteitsredes.

Back To Top
Soek