Skip to content

Bring verandering vir vroue gedurende hierdie Internasionale Vrouemaand

Dinsdag, 8 Mei, was dit Internasionale Vrouedag, en die maand van Maart is Vrouegeskiedenismaand, wat die bydrae wat vroue gelewer het tydens historiese gebeurtenisse en die samelewing vier. Ons vier dit saam met hierdie vroue terwyl ons ook ons vervolgde susters in Christus onthou. Miljoene Christenvroue en -meisies, wat alreeds ʼn agterstand in die samelewing het omdat hulle vroulik is, is besonder kwesbaar vir vervolging. Ongelukkig is hul lyding dikwels onsigbaar of word dit deur diegene om hulle geïgnoreer.

Hierdie vroue lewer bydrae tot die Koninkryk van God deur hul volharding te midde van vervolging teen hulle weens hul liefde vir Jesus. Sommige het self al hul lewens neergelê vir die Evangelie.

Chu* se man het haar weens haar geloof met ʼn stok geslaan. Sy is gedwing om haar dorp te verlaat. Genadiglik is sy, met die ondersteuning van Geopende Deure se vennote, bygestaan met voedsel- en geldelike hulp, veral gedurende die pandemie. “Julle ondersteuning het my baie gehelp in hierdie moeilike tye,” sê Chu.

Bring verandering vir vroue wat kwesbaar is vir vervolging en uitbuiting deur jou Geskenk van Hoop om aan hul behoeftes te voldoen, wat hulle help om hulself te verbeter en leiers in hul gemeenskappe te word.

R250 kan een vrou geestelik en ekonomies ondersteun deur ʼn selfhelpgroep.

R500 kan aan een vrou die geleentheid gee om ʼn vroue-leierskapseminaar by te woon.

R1 095 kan ʼn program ondersteun wat help om aan ʼn vervolgde vrou se geestelike, sosiale en fisiese behoeftes te voldoen.

Back To Top
Soek