Skip to content

Help om die hoop van Kersfees en die geskenk van ʼn veiliger toekoms aan vervolgde families te bring

Bijli* se familie is een van slegs ʼn paar Christen-families in hulle dorpie in Bangladesj. Haar familie se pad om die tradisionele Moslem-geloof te verwerp en Jesus te volg, was nie maklik nie. “In die dorpie is die meerderheid Moslems. Hulle sê vir ons: ‘Gaan weg, julle is Christene. Julle is nie dieselfde as ons nie,’” deel Bijli se ma, Maya*.

Verwerping en isolasie is veral moeilik vir jong Bijli. “My maats wil nie met my speel nie,” sê sy. Maya verduidelik dat Bijli soms by die huis kom en huil omdat haar “maats” haar aangeval het. “Bijli kom tuis en sê: ‘Mamma, hulle het my geslaan. Hulle sê ons is Christene. Hulle verhoed ons om deel te wees van hulle groep.’”

Dit is vir families soos Bijli s’n wat ons die “Christusfees om die wêreld”-veldtog van November tot Desember 2020 bekendstel. Ons wens is dat elke vervolgde familie om die wêreld die troos en vreugde van Jesus se liefde hierdie Kersfees en regdeur die jaar sal ervaar.

Jy kan vandag help om ʼn R1 984 000-doelwit voor die einde van 2020 te bereik deur die vorm hieronder te voltooi. Dit sal aan hulle hoop en ʼn toekoms gee deur in hulle langtermyn-behoeftes te voorsien deur Bybelse opleiding, jeugkampe, huwelikseminare, traumasorg vir gelowiges wat gewelddadige vervolging ervaar, skuilhuise, noodleniging en soveel meer.

*Name verander weens sekuriteitsredes.

Back To Top
Soek