Skip to content

Bring troos en vreugde aan vervolgde kinders soos Daniela hierdie Kersfees

“Ek glo dat die viering van Jesus se geboorte ’n oomblik van vreugde is. Kersfees vir my is om saam met familie te wees,” sê 12-jarige Daniela van Colombië.

Maar Kersfees sal nooit weer dieselfde wees nie. Daniela se pa, ʼn pastoor, is deur dwelmbendes vermoor omdat hy gedurf het om op te staan vir die Evangelie.

Daniela huil wanneer sy aan haar pa dink, tog het sy troos en vreugde gevind te danke aan jou ondersteuning aan Geopende Deure. Sy het nou ʼn veiliger huis en het beskerming, sorg en traumaberading by die Geopende Deure Kindersentrum in Colombië ontvang.

  • Elke R130 kan kritiese Christelike opleiding aan een kind bied wat deur vervolging geraak is.
  • Elke R640 kan ʼn Bybel voorsien aan 10 kinders wat deur vervolging geraak is.
  • Elke R1264 kan vir ʼn maand lank beskerming, sorg en onderrig bied aan ʼn kind van ʼn vervolgde kerkleier.

Enige geskenk wat jy vandag gee sal bydra tot ons “Christusfees om die wêreld”-veldtog waarmee ons poog om ʼn R 1 984 000-doelwit voor die einde van 2020 te bereik, en sodoende vervolgde families te help om die beskerming, sorg en ondersteuning te ontvang wat hulle nodig het om te oorleef en te floreer.

*Jou geskenk sal aangewend word vir die kinders van die vervolgde Kerk. In die geval dat meer fondse ingesamel word as wat benodig word vir hierdie werk, sal dit aangewend word in ʼn ander area van groot nood.

Back To Top
Soek