Skip to content

Jou goedhartigheid het hulle daaraan herinner dat hulle kosbaar is in Sy oë

Ons het danksy die oorweldigende vrygewigheid en ondersteuning van ons vennote ʼn verstommende R377 385 vir ons “Families at Christmas”-veldtog 2024 ingesamel. Dit is nie net ʼn bedrag nie – dit is ʼn reddingsboei vir sommige van die kwesbaarste mense wat ons dien, naamlik ons vervolgde kinders.

Die goedhartigheid van Geopende Deure-ondersteuners het dit vir kinders soos Moryom en Rumana moontlik gemaak om iets te doen wat alle kinders vry behoort te wees om te doen – om die vreugde van Kersfees te vier!

Vervolgde kinders word dikwels uitgesluit en weggesteek weens hul geloof, wat dit moeiliker maak om hulle te bereik en te ondersteun. Geopende Deure is weens ons uitgebreide netwerk op grondvlak en ons ervaring om die vervolgde Kerk te ondersteun uniek geplaas om kinders te identifiseer en te help wat buite die bereik van ander organisasies is.

Ons ondersteun vervolgde kinders regoor die wêreld deur:

  • Beskerming: Skuiling, traumaberading.
  • Behoort: Gemeenskapsgeleenthede, kinderkampe.
  • Christelike opvoeding: Om hulle hoop en ʼn blink toekoms te gee.
  • Voorsiening: Ondersteuning vir die lewensbestaan van ouers/voogde en behuising.

Die jaarlikse Kerspartytjie wat deur Geopende Deure-vennote in Bangladesj gereël word, is ʼn geleentheid wat ons maklik as vanselfsprekend kan aanvaar – bloot ʼn gegewe op ons vakansiekalender. Maar vir vervolgde kinders is dit ʼn dag om weer ʼn kind te wees.

“Die beste deel van die partytjie was om Kersliedere saam met baie vriende te sing, nuwe liedjies te leer, Kersfeeskoek te sny en saam met vriende te speel,” sê Moryom.

Dit is ʼn plek om te behoort, ʼn plek om te leer en ʼn plek om geliefd te wees. Maar die belangrikste is dat dit ʼn herinnering is dat Jesus hulle liefhet.

“Ons het ook geleer dat Jesus lief is vir kinders, en dat hulle dié liefde met ander moet deel. Hulle moenie Jesus se liefde vergeet nie.”

Rumana het op dié dag talle nuwe vriende gemaak, wat soos sy soortgelyke ervarings van vervolging in die gesig gestaar het. Dit het haar gehelp om te weet dat sy nie alleen is nie.

Dit was ʼn spesiale dag van broodnodige feesviering en wedersydse bemoediging vir kinders en hul gesinne, veral aangesien Moryom en Rumana se situasies steeds moeilik is…

Die politieke onrus in Bangladesj raak hul gesinne steeds ernstig. Hulle staar voortdurende druk in die gesig om hul geloof te verloën en word deur hul gemeenskappe verwerp. Moryom se pa het doodsdreigemente ontvang, terwyl Rumana se pa ver moet reis vir werk omdat plaaslike werkgewers weens sy Christelike geloof weier om hom aan te stel. Rumana geniet skool, maar voel steeds geïsoleer en het handboeke en skryfbehoeftes nodig. Moryom kan nie gereeld skool toe gaan nie weens die vrees vir wat op pad skool toe of by die skool met haar kan gebeur, waar sy omring is deur kinders en onderwysers wat teen haar geloof is.

Hou asseblief aan om vir hulle te bid en oorweeg dit om vandag ʼn skenking te maak om vervolgde kinders te help. Jou geskenk kan skuiling, noodsaaklike voorsiening en hulp, opvoeding, berading, gemeenskapsgeleenthede en ʼn hoopvolle toekoms aan kinders in nood bied.

Rumana shares in the Christmas joy!

Moryom sings a joyful Christmas carol!

Gee vandag vir kinders

Back To Top
Soek