Skip to content

Jy het Kirti tydens haar donkerste uur gehelp

Soos baie Christene vanuit ʼn Hindoe-agtergrond, het Kirti tot geloof gekom nadat God haar van ʼn siekte genees het wat haar vir jare gekwel het.

Kort nadat sy ʼn Christen geword het, as straf vir haar bekering tot Christenskap, is haar kos gesteel en opgeëet deur die dorpsmense. Sy is ook aangerand, wat ʼn besering aan haar welwelkolom tot gevolg gehad het. Die grootste skok was toe ʼn groep mans een aand hul huis binnegeval het en haar man weggevat het. Die volgende keer wat sy hom gesien het, was ook die laaste keer voor hulle hom grusaam vermoor het.

Niemand is ooit vir haar man se moord in hegtenis geneem nie, en sy het geen simpatie van die nie-gelowiges in haar dorpie ontvang nie. Kirti en haar kinders het daarna die dorpie verlaat om in ʼn skuilhuis te gaan woon.

By die skuilhuis het vennote van Geopende Deure, Kirti en haar kinders gehelp met kos, klere, komberse, finansiële ondersteuning en geestelike versorging. Ons ondersteun haar steeds, omdat haar beserings haar verhoed om te werk.

“Te danke aan julle omgee en liefde is ek vandag lewendig, en ʼn volgeling van Jesus,” vertel sy.

Sy het gekies om na haar dorpie terug te keer sodat sy die lig van Christus vir hulle kan wees.

“My dorpsmense wou my uitdryf. Die mense het dikwels gedreig om my dood te maak. Ek bid vir die verlossing van my dorpie, en ek glo dat hulle daardie verlossing sal ontvang.”

Kirti se getuienis is ʼn voorbeeld van hoe, wanneer ons as Liggaam van Christus in tree vir ons vervolgde broers en suster wanneer tragedie toeslaan, hulle versterk word sodat hul kan aanhou om getuies vir Christus  te wees.

Dankie dat jy weduwees soos Kirti versterk. Indien jy vandag meer Christene soos sy wil ondersteun, oorweeg asseblief biddend hoe jy hulle kan seën met enige geskenk waartoe jy in staat is om te gee, sodat hulle kan aanhou om die lig vir Christus in die donker te wees.  

Jesus het gesê, “Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard?… Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.” Romeine 8:35, 37

 

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!

Back To Top
Soek