skip to Main Content

Selfs voor die pandemie was hulle geïsoleer, verwerp en verag deur hulle gemeenskappe. Vandag ervaar hulle selfs ʼn groter struikelblok – hongersnood.

Ek weet dit is ʼn moeilike woord om te hoor. Dit is so hard en dramaties. Maar dit is ook die realiteite wat Geopende Deure-vennote soos Akash* elke dag sien: “Mense is so bang. Hulle is nie in staat om selfs ʼn enkele maaltyd vir hulle families te voorsien nie. Ons moet hulle help – selfs al is dit gewaagd.”

Die inperking het beteken dat baie Indiërs hulle werke verloor het. Christene is dikwels die armstes in die Indiese samelewing en maak staat op daaglikse lone om te oorleef. Met niks geld nie, het hulle geen kos nie. Boonop word hulle in baie plekke vanweë hulle geloof afgeskeep wanneer noodleniging uitgedeel word.

Ek is so trots op Geopende Deure-vennote wat in dapperheid kritiese verligting neem na dié wat in nood vir kos is en dit geweier word. Dit is slegs moontlik te danke aan die ruimhartigheid van ons ondersteuners, ten spyte van die onsekerhede weens krisisse in ons eie land.

Indien jy in staat is om te gee, hou asseblief aan om dit te doen. Elke R200 kan nood-items soos meel, rys, tee, sout, olie, aartappels, seep en maskers voorsien om ʼn familie vir ʼn week te onderhou.En bid asseblief vir God se beskerming.

 *Naam verander vir sekuriteitsredes.

Back To Top
×Close search
Soek