Skip to content

Click on the image to view in full screen

Dit is ʼn voorreg om vandag Geopende Deure se 2020 Impakverslag vry te stel. Ons staan weereens in verwondering oor die Here se getrouheid en voorsiening aan ons vervolgde familie deur jou gebede, geskenke en ondersteuning oor die afgelope jaar. 

Verlede jaar was een van die moeilikste jare in ons bestaan. Tog, deur alles, was ons vervolgde broers en susters versorg, beskerm en toegerus – te danke aan jou, wat ten spyte van jou eie uitdagings aangehou het om by hulle te staan. 

Namate jy deur hierdie Impakverslag lees, mag jy sien en weet dat die Here goed is en dat jou getroue ondersteuning ʼn reddingsboei vir talle broers en susters regoor die wêreld is. Saam beskerm, vertroos, bemagtig en versterk ons ons vervolgde familie om voort te gaan om vir Jesus sterk te staan in van die donkerste plekke op aarde.  

Namate vervolging regoor die wêreld aanhou verskerp, benodig hulle ons ondersteuning nou meer as ooit tevore! Bid asseblief en indien jy gelei word om vandag ’n spesiale geskenk te gee sal jy help om ons groeiende werk te ondersteun en om ons vervolgde familie te midde van die Covid-19-pandemie te versterk. 

Weereens dankie! 

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

* Geskenke sal die dringendste Geopende Deure-projekte regoor die wêreld befonds. 

Back To Top
Soek