Hier is die impak wat jou gebede en geskenke hierdie jaar gemaak het.
Click on the image to view in full screen.
Toe vervolging in 2022 toegeneem en meer gewelddadig geraak het, het jy ons broers en susters getrou bygestaan.
Vanjaar kan ons met jou hulp voortgaan om God se Koninkryk op gevaarlike plekke uit te brei.
Ons vertrou God om ons in staat te stel om ons vervolgde familie te help om die lig van Christus op die plekke te laat skyn. Deur ons plaaslike doel vir 2023 te bereik, kan ons vanjaar meer as R19 miljoen bewillig om hulle te ondersteun.
Dankie dat jy saam met ons staan om Jesus se hande en voete vir ons geloofsfamilie te wees terwyl hulle hul lewens vir ons geloof in gevaar stel. Saam kan ons hulle getrou ondersteun en ʼn impak op hul lewens vir die Koninkryk maak.
Skenk hieronder.
*Geskenke sal die dringendste Geopende Deure-projekte regoor die wêreld befonds.