Skip to content

Help Nigeriese Christene om hul lewens te herbou

Twaalf van Nigerië se noordelike state het Sjaria-wetgewing geïmplementeer. Christene daar staar ernstige marginalisering en druk in die gesig om Islam aan te neem.

Hulle het gesien hoe hul families doodgemaak word en gemeenskappe verwoes word. Hulle het al hongersnood ervaar in tydelike skuilings en selfs erger mishandeling in vlugtelingkampe.

Christene in Nigerië wil egter nou die stukke optel en hul lewens herbou. Jou geskenk hieronder sal help om dit moontlik te maak deurdat jy die volgende help voorsien:

  • Dissipelskapsopleiding, insluitende vervolgingsvoorbereidheid-opleiding en jeugbyeenkomste
  • Traumasorg, insluitende berading en ondersteuningsgroepe
  • Inkomste-genererende projekte, insluitende vaardigheidsopleiding en besigheidstoelaes
  • Lewegewende dienste, insluitende waterputte vir skoon water, skole, klinieke, kerke en huise

Jy sal ook help om traumasorg te voorsien aan weduwees soos Kwate, wie se man doodgemaak is in die eerste van drie Boko Haram-aanvalle in haar gemeenskap gedurende die laaste vyf jaar.

Kwate het ternouernood uit haar huis ontsnap voordat lede van Boko Haram dit aan die brand gesteek het. Haar man is binne-in die huis vasgekeer.

Te danke aan berading deur Geopende Deure, ontvang Kwate en ander weduwees soos sy die krag en bemoediging wat hulle nodig het om aan te beweeg.

Kwate verduidelik:

“Al die weduwees wie se mans doodgemaak is, lees Bybel en bid saam. Die traumagenesing help ons regtig baie.”

 Vir talle Nigeriese Christene, soos Kwate, hang die toekoms nog in die weegskaal. Van hulle het so baie verloor dat hulle geen hulpbronne het om mekaar mee te ondersteun nie… dus draai hulle na gelowiges soos jy.

Dit is waarom jou geskenk hieronder so belangrik is om hulle te help om hul gemeenskappe te herbou, sodat hulle kan aanbeweeg met hul lewens. Help hulle om met hoop vorentoe te beweeg.

 

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!

Back To Top
Soek