Skip to content

“Ek het geen vriende by die skool nie, want ek is ʼn Christen.”

Die negejarige Rumana word weens haar geloof gespot, mishandel en uitgesluit. Sy gee voor dat sy dapper is, maar huil wanneer sy op haar eie is.

Die 14-jarige Julie* leef in ʼn kultuur waar sy as minderwaardig teenoor haar broers beskou word. En waar sy by die skool geboelie en geteister word omdat sy ʼn Christen is.

Kinders van die vervolgde Kerk regoor die wêreld is elke dag geïsoleer.

Jou ondersteuning kan help verseker dat hulle nie Kersfees alleen deurbring nie.

Sal jy asseblief hierdie Kersfees die geskenk van vreugde aan ʼn kind gee?

  • Elke R400 kan Bybels aan 10 kinders gee om hul geloof te help koester.
  • Elke R1 420 kan hulp verleen aan vervolgde Christene, insluitende medisyne, noodsaaklikhede en skuiling.
  • Elke R1 600 kan aan ʼn geïsoleerde kind vreugde verskaf deur vir hulle ʼn spesiale Kersbyeenkoms te bring.

Jou geskenke en gebede help kinders soos Rumana en Julie om te weet dat hulle nie alleen is nie – en hul geloof word versterk. Baie dankie.

*Enige oortollige fondse sal gebruik word om ander vervolgde Christene te versterk waar dringende hulp nodig is..

Back To Top
Soek