Robin* se lewe is deur vervolging uitmekaar geskeur.
Hy word deur die kinders by die skool verwerp. Hy is deur ekstremiste geteiken wat sy kerk afgebrand het. Sy pa het hom verlaat. Robin en sy ma, ʼn enkelouer, staar nou finansiële uitdagings in die gesig.
Robin sit langs die veld en kyk hoe die anders kinders sokker speel, terwyl hy so graag wil saamspeel.
“Ek is ʼn Christen,” verduidelik hy met ʼn hartseer, sagte stem. “Niemand speel dus met my nie. Ek sit gewoonlik op my eie en voel baie alleen.”
“Ek is ʼn Christen. Niemand speel dus met my nie.”
Die koste van hul geloof is hartverskeurend vir kinders in Bangladesj, soos Robin. Meer as 90% van die mense in Bangladesj is Moslems en radikale groepe is aktief besig om Christene te teiken, veral diegene wat vanuit die Islam-geloof tot bekering kom. Robin se verhaal is ʼn skerp herinnering dat kinders ook die gewig daarvan voel om Jesus te volg.
Robin se ma, Moly*, het haar buurman met ʼn Bybel in sy hand gesien . . . Sy het dit geleen en in die geheim gelees. Nadat sy wonderbaarlik van ʼn siekte genees is, het Moly haar lewe vir Christus gegee. Haar man, Jubayer*, het ook tot geloof gekom, maar hul vreugde was egter van korte duur.
Verlede jaar in Augustus het geweld regoor Bangladesj uitgebreek en hul kerk is deur ekstremiste afgebrand. Dit was die laaste keer wat Robin se ouers saam was. Die skok van die aanval het Jubayer na die Islam-geloof laat terugkeer. Hy het van Moly geskei en Robin en sy ma het alleen agtergebly.
Die kerk se toekoms in hierdie streek is weens ʼn gebrek aan ondersteuning in gevaar. “Godsdienstige en politieke leiers droom daarvan om Bangladesj ʼn Moslem-land te maak. Daar is geen plek waar Christene heeltemal veilig is nie,” sê Robi*, ons plaaslike vennoot.
Vandag is die lewe baie moeilik vir Robin en sy ma. Tóg vind Robin vreugde in Kersfees, ondanks die uitdagings wat hulle beleef. “Ons het pret, ons eet koek en speel almal saam terwyl ons Jesus se geboorte vier,” glimlag hy met oë wat gloei van opwinding. Robin se vreugde is egter nie moontlik sonder jou hulp nie.
“Ons het pret, ons eet koek en speel almal saam terwyl ons Jesus se geboorte vier.”
ʼn Geskenk van hoop
Jy kan hierdie jaar ʼn Kersgeskenk van hoop aan Robin en ander kinders soos hy gee.
Jou geskenk sal nie net onmiddellike verligting bied nie, maar ook skuiling, traumaberading, opvoeding en voortdurende ondersteuning om vervolgde kinders en hul families te versterk. Dit sal hulle in staat stel om veerkragtige, dapper volgelinge van Jesus te wees.
Jou ondersteuning verseker dat kinders soos Robin nie alleen is nie.
“Al is ons vreemdelinge vir mekaar, weet ons dat julle vir ons bid dat dit met ons goed kan gaan,” sê Robin dankbaar.

Wil jy hierdie Kersfees ʼn geskenk van hoop gee?
Gee asseblief ʼn geskenk
- Elke R300 kan noodsaaklike hulp verleen aan ʼn familie wat finansiële uitdagings beleef.
- Elke R765 verseker dat ʼn kind ʼn spesiale Kersfeesviering kan bywoon en die vreugde daarvan kan beleef.
- Elke R1 390 beteken dat 10 kinders elkeen ʼn Bybel kan ontvang en in hul geloof kan groei.
Bid asseblief
- Vir Robin, dat hy nuwe vriende sal maak en nie meer gespot sal word nie.
- Vir Robin se ma, Moly, dat sy krag sal ontvang en dat Robin se pa sy pad terug na Jesus sal vind.
- Vir alle kinders wêreldwyd wie se lewens deur vervolging uitmekaar geskeur word.
*Name verander om die gesin te beskerm.
Enige oortollige fondse sal gebruik word om vervolgde Christene te versterk wat dringende hulp benodig.

