Skip to content

Om Jesus in Sentraal-Asië te kies beteken om alles te verloor – selfs jou familie!

“In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie; ons word vervolg, maar nie deur God verlaat nie, op die grond neergegooi, maar nie vernietig nie.” (2 Kor. 4:8-9)

Regoor Sentraal-Asië kom Moslems tot geloof in Christus en hulle verloor alles oor hul keuse om Jesus te volg.: Ván lewensmiddele, sekuriteit, kinders se onderwys tot families. Hulle is in alle opsigte verdruk.

Sal jy familie wees vir vervolgde gelowiges in Sentraal-Asië* wat van Islam bekeer?

Hulle verduur verwerping, straf, geweld en selfs dood. Hulle eie biologiese families kan dikwels die grootste bedreiging wees. Jy is die familie op wie hierdie gelowiges staatmaak.

Jou ondersteuning en gebede vandag kan die deur oophou vir die Evangelie in Sentraal-Asië.

Dít is wat Ruslan* doen. Vir 16 jaar verwelkom hierdie kerkleier almal in sy gesinshuis wat op soek is na Jesus. Ook verduur hy die gevolge hiervan… Elke keer as Ruslan sy huis oopmaak, waag hy om vervolging in te nooi.

 Ruslan se huis is oor en oor deur vandale verniel en sy dogter is aangerand. Hy het ook twee waarskuwings van die owerheid gekry om sy bediening te staak.

 In Sentraal-Asië, plaas gelowiges wat van Islam bekeer hulle lewens in gevaar.

Dit is hoekom dit so belangrik is dat ons, saam, die geloof van Moslem-bekeerlinge versterk, en brawe kerkleiers soos Ruslan en sy familie ondersteun wat vorentoe beur, ten spyte van die gevare.

Jy kan vandag gelowiges help om sterk in hul geloof te staan, jy kan help om lewensredende hulp aan ons familie te voorsien wat ly as gevolg van vervolging.

  • Elke R350 kan help om kritiese hulp aan geïsoleerde Christen-families te verleen.
  • Elke R800 kan help om ʼn opledingseminaar aan te bied vir dapper leiers soos Ruslan sodat hulle kan voortgaan om ander te dien.
  • Elke R3 200 kan ʼn geïsoleerde gelowige in ʼn nuwe ambag op lei sodat hulle vir hul families kan voorsien.

 Dit is duidelik, vir Ruslan is jy familie. Hy deel: “Ons weet dat ons nie alleen is nie, maar deel van ʼn groot Christen-familie. En wat doen ʼn familie? In die moeilikste oomblikke ondersteun hulle jou.”

* Oor sekuriteitsredes kan ons nie deel in watter lande ons in Sentraal-Asië werksaam is nie.

**Naam verander en verteenwoordigende foto gebruik vir sekuriteitsredes.

Back To Top
Soek