Skip to content

Jy kan vandag gelowiges in Oos-Afrika help op hul geloofsreis

“Die Here voeg daagliks by die gemeente dié wat gered is.” (Handelinge 2:47)

Ons weet dat die voortdurende toename in die vervolging van Christene die gevolg is van getroue Evangelie-getuienis deur ons dapper geloofsfamilie. Om getrou te wees in die roeping om dissipels te maak, kom teen ʼn prys, maar ook met die beloning om te sien “hoe die Here daagliks by Sy gemeente voeg dié wat gered is” (Handelinge 2:47).

Diegene soos Nala*, ʼn Somaliese vrou.

Nala het grootgeword met ʼn hunkering om meer te leer. Soos in verskeie lande in Oos-Afrika, word Moslem-vroue nie toegelaat om onderrig te ontvang in enigiets behalwe die Koran nie. Nala het in die geheim elke sent van haar sakgeld gespaar om vir haarself ʼn opvoeding te verseker. Dit was gedurende hierdie tyd wat haar pad met Somaliese Christene (buite haar land) op die Internet gekruis het. Sy wou meer weet.

Haar geheime vriende het haar aangemoedig om die Bybel af te laai en te lees, wat die begin was van haar geloofsreis. Nala het ander geheime gelowiges ontmoet en is uiteindelik gedoop.

“Jesus het my verander. Ek het besef dat Hy my gekies het en nie andersom nie. Ek het Hom nie gaan soek nie, maar Hy het my gevind,” vertel Nala.

Sy het vir ʼn wyle by haar nuwe vriende gewoon, waar sy ook gewerk het en die Bybel bestudeer het. Haar familie het geen idee gehad nie. Of so het sy gedink…

Hulle het op ʼn manier uitgevind dat sy Islam versaak het. Die gevolg was dat sy aangerand en aan verskeie dinge onderwerp is in ʼn poging om haar na Islam te laat terugkeer. Sy het depressief geraak. Haar suster het haar jammer gekry en vir haar gesê om net te maak of sy terugkeer.

“En dit is wat ek gedoen het. Ek sou vroeg opstaan vir gebede, maar die tyd gebruik om met Jesus te praat,” deel sy.

Dinge het op die oog af beter gegaan. Dit was tot haar familie eendag uit die bloute aangekondig het dat sy met ʼn sjeik moes trou wat baie ouer is as sy. Nala was uiters ontsteld. Sy het planne beraam om te ontsnap, en met die hulp van haar vriende kon sy wegkruip. Wonder bo wonder was dit vir haar moontlik om haar land te verlaat met net Jesus aan haar sy. Die meeste gelowiges is egter nie so gelukkig nie, en hulle lot is baie erger.

Maar wat staan haar te doen nadat sy ontsnap het? Vir nou is Nala veilig, maar haar toekoms is onseker. Haar geloofsreis het nou eers begin, en sy het nog ʼn lang pad voor haar. Dit is ʼn reis wat versigtige navigasie nodig het. Sy het dissipelskap en ondersteuning nodig in die verskillende fasette van haar lewe, van mense wat sy kan vertrou – mense soos jy.

Kan jy vandag gee om gelowiges in Oos-Afrika, soos Nala, te ondersteun? Hulle het jou gebede en ondersteuning nodig om sterk te staan terwyl hulle uiterste vervolging in die gesig staar, dikwels op hul eie.

Deur vandag te gee, sal jy deel wees van ons visie om 15 000 gelowiges in Oos-Afrika alleen toe te rus om die Evangelie met hul bure te deel, asook met vaardighede om bekeerlinge te dissipel. Maniere waarop jou geskenk vandag ʼn verskil kan maak:

Voorsien hulpbronne vir dissipelskapsopleiding (R103), voorsien Bybels en Bybelse hulpbronne in ʼn digitale formaat (R950), help om een vervolgde gelowige in Oos-Afrika toe te rus (R1 500), voorsien noodleniging aan Gelowiges vanuit ʼn Moslem-agtergrond (enige bedrag).

*Naam verander en verteenwoordigende foto gebruik vir sekuriteitsredes.

Indien hierdie area ten volle befonds is, sal jou geskenk geallokeer word na ʼn ander projek in die streek waar dit die meeste benodig word

Back To Top
Soek