Skip to content

Vlug vanuit Noord-Korea: Sou jy teruggaan ter wille van die Evangelie?

Afganistan is vir die eerste keer die gevaarlikste plek in die wêreld om ’n Christen te wees. Noord-Korea het na nommer twee op die lys geskuif, nie omdat die lewe in Noord-Korea makliker geword het vir gelowiges nie – dit het nie. Inteendeel, dit is die ergste wat dit nog was.

Soos talle ander in Noord-Korea, moet ons suster, Bae*, ʼn ondergrondse kerkleier, haar geloof geheim hou. Sy het dit eenkeer reggekry om na China te ontsnap, waar sy lewensbelangrike voedselhulp, medisyne en skuiling gevind het by ʼn skuilhuis wat deur Geopende Deure-veldwerkers bedryf word. Tog het sy dapper gekies om terug te keer na Noord-Korea – en noodsaaklike noodlenging en ʼn Bybel saam met haar geneem. Dit was ʼn reddingslyn vir haar en haar klein geheime huiskerk.

Bae het dit ook reggekry om ʼn brief te smokkel wat aan Geopende Deure se ondersteuners geskryf is. Kyk haar storie hier:

Dit is noodsaaklik dat ons voortgaan om daardie vonk van hoop te wees vir dapper gelowiges soos Bae, wat uiterste vervolging in die gesig staar. God het hulle nie vergeet nie en ons moet ook nie!

Vandag verduur meer as 360 miljoen van ons broers en susters hoë vlakke van vervolging en diskriminasie. Dit is een uit elke sewe Christene wêreldwyd. Maar hoe groter die bedreiging van vervolging, hoe groter moet ons visie van hoop wees. Jy kan deel van hierdie visie wees om teen 2025 twee keer soveel van die wêreld se mees vervolgde Christene te bereik as wat ons nou bereik.

Jou ondersteuning vandag kan beteken dat ’n geheime gelowige uiterste vervolging nie alleen hoef te verduur nie.

  • Elke R288 kan aan twee geheime gelowiges elk ’n Bybel gee.
  • Elke R400 kan dissipelskapsopleiding aan vyf geheime gelowiges bied.
  • Elke R800 kan een maand se noodleniging, voedselhulp, medisyne en klere voorsien aan ʼn familie met vlugtelinge wat van uiterste vervolging in Afganistan vlug.

Baie dankie vir jou liefde aan Christene wat Jesus volg, ongeag die koste.

*Naam verander vir sekuriteitsredes.

Back To Top
Soek