Skip to content

Help om die vervolgde Kerk vir nog 50 jaar te ondersteun.

Terwyl die pandemie voortwoed en tot hul vervolging bydra, bly ons visie om ʼn veerkragtige vervolgde Kerk te dien wat getrou die Groot Opdrag uitvoer. Dit is ʼn langtermynvisie, wat van ons verg om oor die lang termyn by hulle te staan.

Nadat hy noodleniging vanaf Geopende Deure ontvang het, sê Clement* van SAR: “Julle is die kraaie vir ons as Christene… Toe Elia deur Isebel vervolg is, het God hom onthou deur ʼn kraai te stuur om hom te voed.”

Ons moet die kraaie wees!

Solank as wat daar ʼn Kerk is, sal daar vervolging wees. So ons het nodig om daar te wees om ons vervolgde familie te ondersteun sodat die lig van Christus kan aanhou om in hul lande te skyn. Jy kan ons help om vir die volgende 50 jaar daar te wees vir ons vervolgde familie, ongeag watter pandemie, oorlog, ekstremisme of ander planne die vyand het.

Oorweeg dit asseblief biddend om oor die lang termyn by ons vervolgde familie te staan – deur ʼn verbintenis om maandeliks te gee om ons werk te ondersteun. Bykomend tot ons wêreldwye Covid-19-verligting program, sal jou maandelikse geskenk help om met projekte soos hierdie by te staan:

R50 ’n maand kan help om ʼn geïsoleerde gelowige met ʼn digitale Bybel te bereik.
R150 ʼn maand kan help om ʼn kind met noodsaaklike Christelike opleiding te bereik
R300 ʼn maand kan help om ʼn Noord-Koreaanse gelowiges aan die lewe te hou.
R500 ’n maand kan help om traumasorg aan slagoffers van gewelddadige vervolging te bied.

*Name weens sekuriteitredes verander.

Back To Top
Soek