Skip to content

Die Krag van Gebed

Gebed is nie die laaste uitweg in aktiewe geloof nie – dit is nie die minste nie, maar die meeste wat ons vir ons vervolgde familie kan doen.
Read more
Bid vir hulle.

Om ons vervolgde familie te onthou en vir hulle te sorg, kan baie vorms aanneem – kos, skuiling, opleiding, finansiële hulp en Bybels . . .

Maar die eerste ding waarvoor hulle vra, is gebed.

Gebed is nie die laaste uitweg in aktiewe geloof nie – dit is nie die minste nie, maar die meeste wat ons vir ons vervolgde familie kan doen. In die brief aan die Efesiërs (6:18) vind ons die volgende opdrag: “By elke geleentheid wanneer julle bid en smeek, moet julle telkens deur die Gees bid. Daarom moet julle waaksaam wees deur volhardend te pleit vir al die heiliges.”

Gebed is die kern van hoe ons by Geopende Deure werk. Ons gebede kan gaan waar ons dikwels nie kan nie. Geen landsgrens, tronkmuur of hart is toe wanneer ons bid nie. Ons kan ons familie in die moeilikste plekke deur gebed ondersteun.

Sal jy vir hulle bid?

As jy ekstra aanmoediging in jou gebedslewe wil hê, klik hier vir ʼn gratis e-boek: Gebed: Die Werklike Stryd deur Broer Andrew (die stigter van Geopende Deure). Dit is ons geskenk aan jou om jou te help om gereeld vir ons broers en susters in Christus te bid. Elkeen van hulle sal dankbaar wees vir jou gebede.

Laai boek af

Jy kan ook saam met ons bid deur ons nuutste gebedskalender af te laai of in te teken om kommunikasie van ons te ontvang.

Sluit by ons aan in gebed
Back To Top
No results found...