Dankie dat jy vir gelowiges soos Rahaf en Noura ʼn plek gee waar hulle kan groei en floreer in hul geloof!
Noura* is deel van die personeel by die hulpsentrum in Mashta Al Helou. Sy, net soos almal om haar, is al blootgestel aan tragedies wat niemand veronderstel is om te verduur nie, maar sy sit haar hart en siel in haar werk – en leer die kinders by die sentrum van Jesus.
Noura geniet dit om haar kinders vol entoesiasme vir Jesus te sien, maar haar werk beteken soveel meer as net dit.
Sy vertel…
“Wat my motiveer om hierdie werk te doen, is die feit dat ek hierdie kinders wil help. Ek sien ook die positiewe uitwerking wat die bediening vir hulle, op my het. Wanneer ek die kinders van God leer, sien ek hoe ek ook in my eie geloof daardeur groei.”
Te danke aan jou, het beide Noura en Rahaf*, volwassene en kind – ʼn plek waar hulle in geloof kan groei ten spyte van hul omstandighede. Dit is waarlik ʼn wonderwerk en ʼn seën!
Dankie dat jy vir gelowiges soos hulle die kans gee om met dapperheid te lewe en Jesus met ander te deel – selfs wanneer hul geloof hulle die meeste gekos het.
En dankie vir enige geskenk wat jy vandag gelei voel om te gee, om vir meer gelowiges die kans te gee om te groei in hul geloof.
“Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle” (Mark 10:14)]
Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!
*Name verander en verteenwoordigende foto’s gebruik vir sekuriteitsredes