Skip to content

Dankie dat jy vervolgde Christene soos Mario* die kans op ʼn nuwe lewe gee!

Colombia_2018_0280101437

Mario (nou 16) het grootgeword in die aangesig van daaglikse vervolging. Sosialistiese guerrillas in sy afgeleë, Colombiaanse dorp, het mense wat tyd in die kerk deurbring, eerder as om in die oorlog te veg, onophoudelik geteiken.

Mario se pa, wat ʼn pastoor was, het aangehou om die Evangelie dapper te verkondig. Maar elke dag was net nog ʼn dag wat Mario weggeneem kon word, en gedwing kon word om te veg.

Dit is toe dat jy ingetree het om ʼn wonderwerk aan Mario te bied.

Te danke aan vriende soos jy, was ʼn pastoor, wat deel is van Geopende Deure se netwerk, op die regte tyd op die regte plek om ʼn oplossing te bied. Dit was vir Mario moontlik om sy klein dorpie te verlaat en ʼn nuwe lewe te vind in ʼn omgewing wat sy geloof aanmoedig – by die Colombië Kindersentrum, ʼn projek van Geopende Deure.

Hy het sy aanleg vir musiek ontdek, asook dat hy ʼn slag het met probleemoplossing. Hy het ʼn weerspieëling geword van God se liefde deur sy gemeenskap te dien. Kort voor lank het Mario uitgestaan as een van die mees gedissiplineerde studente en is hy vandag, ondanks alles, op pad om op universiteitsvlak te gaan studeer.

In sy gradueringstoespraak, het Mario hierdie opregte woorde gedeel:

“Alhoewel ons hier aangekom het met baie min, gaan ons vandag hier weg met baie, omdat dit vir ons moontlik was om oor te begin.”

Jou ondersteuning gee aan so baie, soos Mario, die geleentheid om oor te begin – met ʼn lewe in Christus, selfs in plekke waar geloof die meeste kos. Baie dankie.

En dankie vir enige geskenk wat jy vandag kan gee om aan meer Christene ʼn nuwe begin in Jesus te gee!

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!

*Naam verander vir sekuriteitsredes.

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden

Back To Top
Soek