Skip to content

Dankie dat jy Philip help om genesing aan sy gemeenskap te bring.

Philip is ’n 27-jarige pastoor van ’n klein dorpie in die oostelike streek van Bangladesj.

Hierdie gemeenskap het baie beperkte geriewe – daar is geen elektrisiteit, hospitaal of skool nie. Philip deel:

 “Ek het mense sien doodgaan omdat hulle nie behandeling ontvang nie, selfs weens eenvoudige siektes soos malaria en diarree, en hoe vroue tydens kindergeboorte sterf. Baie mense sterf op pad hospitaal toe omdat dit so lank neem om daar uit te kom.”

Toe Philip sy bekommernisse oor sy gemeenskap gedeel het, het sy senior pastoor voorgestel dat hy as ’n plattelandse dokter opgelei word. Hy het met Geopende Deure se ondersteuning opleiding ontvang, danksy die gebede en ruimhartigheid van mense soos jy.

Philip se opleiding het hom gehelp om aan die dringende behoeftes in sy gemeenskap te voldoen, asook om verhoudings te bou met diegene wat Jesus nie ken nie.

“Ek besoek gereeld die nabygeleë Boeddhistiese dorpies om hulle te help. Ek bid gereeld en vra my pasiënte om saam met my te bid voordat ek met my werk begin. Ek moedig hulle aan om op Jesus Christus staat te maak en nie op my nie. Dan vertel ek hulle van Jesus Christus se wonderwerke,” sê Philip.

Dankie vir jou aandeel om hoop en genesing aan die mense in Philip se afgeleë gemeenskap te bring.

En dankie vir enige geskenk wat jy geroepe voel om vandag te gee, om ander soos hy te help om die goeie nuus van die Evangelie te deel met diegene wat dit nog nooit gehoor het nie.

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!

Back To Top
Soek