Skip to content

Dankie dat jy Hellen help om die prys van dissipelskap te verduur!

Hellen* en haar man was albei slagoffers van verslawing: Dwelms en alkohol het hul lewens regeer. Hulle het elke dag hierdie middels voor hul kinders misbruik.

Op ʼn dag het sy afgekom op ʼn Christelike TV-program wat iets in haar hart aangewakker het vir God. Dit het tot gevolg gehad dat sy daardie dag ʼn onomkeerbare besluit geneem het om haar lewe aan Jesus te wy en al haar sondes te bely. Hy was die antwoord waarna sy gesoek het! Haar lewe het kort daarna drasties verander, op ʼn goeie én slegte manier.

“Ek sal jou los as jy ʼn Protestantse Christen word,” het haar man vir haar gesê. Hellen kon nie verstaan waarom hy haar besluit so verafsku het nie – dit het haar bevry van verslawing en haar ʼn beter ma gemaak vir hul kinders. Afgesien daarvan, het hy haar gelos sonder om te groet en sonder geld om haar seuns te versorg.

Toe Geopende Deure hoor van Hellen en saam met haar kerk begin werk, het Hellen die hulp ontvang wat sy so dringend benodig het. Dit is die gevolg van geskenke en gebede van vriende soos jy.

 “Ek het gedink ons gaan binnekort sterf, maar daar is nou niks behalwe vrede in my huis nie. Ek het nog nooit vantevore sulke skatte gehad nie. Ek kan Hom nie genoeg bedank nie.”

Alhoewel Hellen deeglik bewus geraak het van die prys van dissipelskap, het jy haar die getrouheid van God help ervaar. Dankie!

En dankie vir jou geskenk waartoe jy vandag gelei voel om te gee, om ander soos Hellen te help volhard en Jesus aan te hou volg, selfs wanneer die prys so hoog is.

*Naam verander vir sekuriteitsredes.

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!

Back To Top
Soek