Skip to content

Dankie dat jy gelowiges regoor die wêreld bemagtig om hul geloof met ander te deel!

In die Suid-Asiese land, Bhoetan, waar vroue dikwels ongeletterd is, was Dechen en Bidhya gewoond daaraan om ʼn stille geloof te leef. Hulle het hulself nooit as potensiële leermeesters beskou nie, maar eerder op ander staat gemaak om die Bybel vir hulle voor te lees en dit te interpreteer.

Dit het alles verander toe jy betrokke geraak het. Te danke aan jou, kon Geopende Deure hierdie vroue leer om Bybel te lees. Die vermoë om te lees het hulle gehelp om die selfvertroue en ander vaardighede te ontwikkel wat hulle nodig het om hul geloof te verkondig.

 Bidhya vertel…

“Dit het my geleer hoe om die skrifgedeeltes te verstaan en met ander te deel. Nou preek ek by die vrouebyeenkomste, in die kerk en by verskillende plekke wat ek besoek, om my mede-susters te bemoedig om in die Here te groei. Ek kon dit slegs doen deur dit wat ek by die opleiding geleer het.”

 En hierdie werk duur vandag, regoor die wêreld voort – alles te danke aan jou en jou getroue gebede en ondersteuning.

Dankie dat jy vroue soos Dechen en Bidhya bemagtig om te leer en om self die Woord van God te deel.

En dankie vir enige geskenk waartoe jy vandag gelei voel om te gee, om gelowiges regoor die wêreld toe te rus en om die Koninkryk van God uit te bou in plekke waar geloof die meeste kos.

Lê jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel as ‘n arbeider wat die goedkeuring van God wegdra, ‘n arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid suiwer verkondig. (2 Timoteus 2:15)

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!

 

*Verteenwoordigende foto gebruik vir sekuriteitsredes.

  • This field is hidden when viewing the form
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • This field is hidden when viewing the form
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek