Skip to content

Help om die hoop van Kersfees en die geskenk van ʼn veiliger toekoms aan vervolgde families te bring

Daniela (12) van Colombië het in die straat naby haar huis gespeel toe sy twee geweerskote hoor wat haar lewe vir ewig verander het. Binne sekondes is haar pa, pastoor Plinio, van haar weggeneem omdat hy Christus se liefde verkondig het in ’n gebied onder dwelmbendes se beheer.

Soos so baie ander kinders oral in die wêreld, word Daniela weens haar ouers se geloof vervolg. As meisietjie behoort sy geen bekommernisse op aarde te hê nie, maar sy weet nou beter as baie ander mense wat dit kos om Jesus te volg.

Daniela sê sy mis haar pa die ergste gedurende die Kerstyd. “Dit help my om te weet dat ander mense oral in die wêreld gedurende Kersfees vir ons gesin bid. Ek is baie dankbaar daarvoor, want ek sien hoe die Here deur hierdie gebede werk. Ek het geleer dat ons moet aanhou om op die Here te vertrou.”

Dit is vir families soos Daniela s’n…

Back To Top
Soek