Skip to content

Beskerm die wêreld se mees bedreigde Christene

“Julle moet hierdie plek verlaat,” het plaaslike owerhede in Colombië vir Pastoor Eduardo en sy vrou Carolina gesê. “As julle terugkeer na hierdie area, sal ons meer doen as net julle huis vernietig. Ons sal julle doodmaak.”

Honderde Colombiaanse gelowiges is al ontwortel omdat hulle weier om deel te neem aan tradisionele gebruike soos heksery. En in Moslemlande word al hoe meer gelowiges agternagesit deur woedende familielede en bure wat hulle wil doodmaak omdat hulle Islam versaak het.

Elke jaar vind duisende vervolgde Christene hulself haweloos, verskuil, sonder werk en vreesbevange. Hulle weet nie waarheen om te gaan, wie om te vertou of wat om volgende te doen nie.

Jou geskenk sal help om veilige en noodsaaklike skuilhuise te voorsien aan vervolgde gelowiges in nood. By hierdie skuilhuise sal hulle ook berading en dissipelskapsopleiding ontvang, asook beroepsvaardighede of mikrolenings om hulle te help om ʼn nuwe lewe te begin.

Dankie vir jou geskenk hieronder om die wêreld se mees bedreigde gelowiges te help beskerm, en te ondersteun. Jy help nie net om hul lewens te red nie – maar jy wys ook vir hulle dat hulle geliefde en waardevolle lede van God se familie is.

Back To Top
Soek