Skip to content

Beskerm Christenvrouens soos Rekha van hul DUBBELE kwesbaarheid

Vrouens soos Rekha voel daagliks dubbel kwesbaarheid. Nie net maak haar geloof van haar ʼn teiken nie, maar maak haar geslag van haar ʼn prooi.

Die skokkende realiteit is egter dat in so baie plekke, is Christenvrouens die slagoffers van huishoudelike misbruik, gedwonge huwelike en seksuele geweld

Maar jy kan hulle vandag help.

Deur jou geskenk vandag, kan jy help om praktiese, emosionele en fisieke versorging te voorsien aan jou susters deur:

  • Beroepsopleiding
  • Geletterdheidsklasse
  • Mikro-kredietlenings
  • En meer

Jy sal vrouens wat in gevaar is, bemagtig om vir hulself en hul families te voorsien – deur hul kwesbaarheid te verminder, hul diskriminasie verlig en hulle toe te rus om sterk te staan.

Te danke aan vriende soos jy, was dit onlangs vir die 20-jarige Rekha moontlik om geletterdheidsopleiding by te woon. Die vermoë om te lees verbeter haar sosiale aansien en sal haar help om werk te kry. En natuurlik beteken dit ook dat sy nou self uit die Woord van God kan lees… en dit met ander kan deel!

“Ek het nog nooit in my lewe my geloof, of meer oor Jesus Christus, met iemand gedeel nie. Na hierdie opleiding kon ek vir die eerste keer oor Jesus Christus deel met een van my vriende. Sy het Jesus Christus aangeneem as haar Verlosser en is gedoop. Nou voel ek baie gemaklik om die storie van Jesus met ander te deel.”

Gee asseblief vandag so ruimhartig as wat jy kan, om Christenvrouens soos Rekha te help beskerm, toe te rus en te bemagtig. Dankie!

Back To Top
Soek