Skip to content

Yasin kon nie sy nuwe geloof geheim hou nie – maar om dit te openbaar, het alles op die spel geplaas. Nou het hy jou ondersteuning nodig om die hoop van Jesus in Irak te bly deel.

“God, as U bestaan, wys Uself aan my.”

Dié woorde, uitgespreek deur Yasin*, ʼn toegewyde Moslem in Irak, sou die verloop van sy lewe vir altyd verander. Een nag het Yasin ʼn kragtige droom gehad: ʼn Man, pragtig en fassinerend, het gesê: “Jy is my geliefde kind. Dit is die pad, volg my.”
Yasin het ʼn plaaslike Christen gevind wat hom meer oor Jesus vertel het. “Die eerste keer wat ek die Bybel gelees het, het ek oor sy pragtige woorde gehuil,” het Yasin gesê. Hy het sy lewe aan Christus gegee.
Irak is egter een van die 20 gevaarlikste plekke in die wêreld vir Christene. Bekeerlinge vanuit Islam ondervind uiterste vervolging.

Indien Yasin, ʼn winkelier en pa van twee, sy nuwe geloof bekendgemaak het, sou hy die risiko van gevangenisstraf, geweld en selfs die dood in die gesig staar. Hy het voorsorgmaatreëls getref deur kleefband oor die omslag van sy Bybel te sit om dit vir sy gesin te verberg. Maar hy kon die werk van die Heilige Gees nie verberg nie . . .

Ek was voorheen gewelddadig teenoor my familie. Toe die Evangelie my in ʼn beter persoon verander het en ek begin het om hulle te dien, het my vrou en kinders dus gevra waarom ek skielik só optree.”

Dit het Yasin maande geneem om die moed bymekaar te skraap om sy verborge Bybel te onthul en sy gesin meer oor Jesus te vertel. Indien jy dapper genoeg is om die Evangelie in Irak te deel, sal jy egter ernstige vervolging ervaar.

My broer het my kom besoek,” het Yasin gesê. “Die mullah het vir hom gesê ek versprei Bybels en hy moet my keer. My broer het my verskeie kere probeer doodmaak. Een keer het hy my neus gebreek. ʼn Ander keer het hulle ʼn brandbom na my huis gegooi.”

Yasin het sy werk verloor en moes lae-betaalde werk as ʼn herder aanvaar. Hy het dreigbriewe ontvang. Sy eie ma weier om met hom te praat.

Verlede jaar het Yasin ʼn Geopende Deure-konferensie bygewoon saam met 200 ander Irakse gelowiges en sy geloof het verdiep. Yasin se vrou en kinders het Christene geword, en twee ander dorpenaars het ook begin kerk toe gaan. Nou is Yasin op ʼn sending om hoop in Irak te openbaar – maar hy kan dit nie alleen doen nie.

Jou geskenke en gebede kan die vreeslose geloof van Christene soos Yasin versterk en hoop openbaar in plekke soos Irak. Jy kan help om Bybels te voorsien, lewensbestaanopleiding aan te bied en nuwe gelowiges te dissipel.
Sonder jou hulp sou Yasin alleen wees. Saam met jou sal hy Jesus deel, ongeag wat gebeur.

“Hierdie wêreld sal vervaag, maar my plek is by God,” sê Yasin. “God het ʼn sending vir my om die Goeie Nuus na my dorp te bring. Ek het probeer weggaan, maar God wil my hier gebruik.”

Sal jy gelowiges help om te midde van hewige vervolging hoop te openbaar?

Gee asseblief

  • Elke R570 kan ʼn geheime gelowige dissipel deur hom in staat te stel om saam met ander Christene bymekaar te kom, te bid en die Bybel te bestudeer.
  • Elke R715 kan Bybels aan twee geheime gelowiges voorsien in ʼn land waar God se Woord nie maklik beskikbaar is nie.
  • Elke R1 200 kan ʼn kwesbare Christen help om ʼn nuwe lewensbestaan te vestig, wat aan hom finansiële sekuriteit oor die lang termyn sal gee.

Bid asseblief

  • Dank God vir Yasin en sy vreeslose geloof terwyl hy die Goeie Nuus van Jesus deel.
  • Bid dat Yasin se vrou en kinders te midde van vervolging beskerm sal word.
  • Bid vir dapper gelowiges wat hoop openbaar op plekke waar dit gevaarlik is om ʼn Christen te wees.

*Naam verander weens sekuriteitsredes.

*Enige oortollige fondse sal gebruik word om vervolgde Christene te versterk waar dringende hulp nodig is.

Back To Top
Soek